Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Lekker staproetes


1. Groot-Winterhoek
 Dié staproete naby Porterville is steeds een van my gunsteling-staproetes en ideaal vir ’n naweek. Daar is ’n paar roetes om van te kies met hope swemplek en fantastiese rotsformasies. ’n Hele paar spesies rooi disas kom ook hier voor. Stappers kan enige plek stap en mag enige plek kamp opslaan. Die roete wat ons geneem het, was sowat 37 km. Ons het van die parkeerterrein na Groot Kliphuis gestap waar ons middagete onder die groot akkerbome geniet het en vandaar tot by De Tronk waar ons gekamp het. Die volgende dag het ons die afstand van De Tronk na die parkeerterrein aangepak. 

2. Boesmanskloof
Ek het dié roete die eerste keer gestap toe ek 10 jaar oud was en het dit nou al drie keer gestap. Hierdie staproete, in die Riviersonderend-bergreeks, strek van McGregor in die noorde tot by Greyton in die suide. Die roete is ongeveer 14 km lank en wat baie stappers doen is om in McGregor of Greyton te oornag en die volgende dag weer terug te stap. Daar is baie swemplek langs die pad en ’n pragtige waterval.

3. Wolfbergskeure
Die skeure en rotsformasies in die Sederberg is alombekend. Die roete begin by die plaas Sanddrif wat lekker kampplekke het langs die Dwarsrivier. As jy vroeg in die oggend begin stap, kan jy die sirkelroete (verby die Boog) doen.

4. Leeukop
Dié koppie langs Tafelberg kan jy sommer lekker vinnig op ’n volmaanaand of ná werk uitklim. Dit neem my 40 minute om op te stap en so 20 minute af. Van bo af het jy ’n 360?-uitsig oor die stad en Kampsbaai en op ’n volmaanaand kan jy sien hoe die son aan die een kant van die berg oor die see sak terwyl die volmaan aan die anderkant van die berg oor die stad opkom.

5. Waenhuiskrans tot by De Mond
Dié staproete spog met wit strande en helderblou water. Jy stap op sand (bring ekstra kuite) al die pad tot by De Mond waar die Heuningnesrivier uitmond. Ek tel altyd die mooiste skulpe op hierdie stuk strand op. Onthou, jy het ’n permit nodig om skulpe op te tel.

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 21 Junie 2011 | 22:53:09

Japie en Sandra Oosthuizen is die trotse eienaars van Onverwacht Flora Akkommodasie en Eagle's Nest Gastehuis in die hart van die Riviersonderend/Galgeberg en aan die begin en einde van die Boesmanskloof/Die Galg Staproete aan die McGregor kant. Vir enige akkommodasie of gerief kontak ons by flora@breede.co.za Landlyn 023 625 1667 of Japie sel:0828941462/Sandra sel:0725144209. Kontak ons vir verdere inligting.

Gelewer op 23 April 2010 | 18:31:28

Ek bedryf die akkommodasie aan die Mc Gregor kant van die Boesmanskloof staproete. Die reg aan die einde/begin van die roete. Daar is ten volle toegeruste akkommodasie teen bekostigbare pryse. Ek doen ook jou inkopies, verskaf hout en beddegoed op aanvraag. So jy kan die roete geniet sonder om soos 'n pakdonkie te voel!!! Skakel: Ruth Oosthuizen. Boesmanskloof/ Die Galg Akkommodasie. Sel-0722400498. Huis-023 625 1794. e-mail-bao@webmail.co.za

Gelewer op 20 Oktober 2009 | 09:41:23

Tsitsikamma staproete!Absoluut asemrowend!Kalander hut, die eerste hut naby Natures Valley, het ons September 2008 beloon met walvisse wat 'n entjie ver in die see baljaar het.Bloukrans hut, die tweede hut op die roete het sekerlik een van die mooiste uitsigte nog.Nog drie hutte,Keurbos,Heuningbos en Sleepkloofhut, dieper in die Tsitsikamamma berge voltooi die prentjie.'n Moet vir enige stapper.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

Bly gemaklik droog selfs in geniepsige weer

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek