• Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

  • Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

  • Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Naweekdoendinge


1. Stap strandlangs op Yzerfontein
Yzerfontein aan die Weskus, 50 minute uit Kaapstad, met een van die langste strande in Suid-Afrika. Gaan stap strandlangs tot die huise verdwyn. Jy sal steeds veilig voel… daar is niks soos vars seelug en serotonien vir ontbyt nie! Die branders is ook nie te versmaai vir bodyboarding nie… Ons kies die eenvoud van ’n Wendyhuis op ’n groot erf waar 3 daxi’s ook welkom is.

2. Klim Bobbejaanberg uit op Elandsbaai
Elandsbaai, ook aan die Weskus – jammer, Gautengers, maar ek bly in Kaapstad! Dis 90 minute se ry uit Kaapstad en die beste leftbreak surfspot in Suid-Afrika (ook ideaal vir kajakke!) Ry Vrydag ná werk en word Saterdag-oggend wakker met die reuk van die see terwyl jy op die stoep sit met vars koffie en planne beraam hoe om jou day job te verruil vir dié kalmte…
Klim Bobbejaanberg uit en neem foto’s na hartelus van die sonsopkoms of ondergang oor die baai. Gaan soek in Januarie/Februarie die bedreigde rooibandstrandkiewiet wat op een van die vele soutwaterpanne daar mag wegkruip…. Need I say more….

3. ’n Laaaaaaaaang dagstap al langs die kontoere van Tafelberg
Parkeer een motor by Constantia-nek en die ander by Rhodes Memorial waar jy begin klim, tot by die boonste kontoerpad. Stap +/- 8 km (of ’n baie rustige 4½ ure terug na Constantia-nek deur ’n groot verskeidenheid van plantasies, maar ook natuurlike woud met houtpaadjies. Dis gratis (behalwe vir die karwagte se tips natuurlik) en niks kom by die yskoue stroomwater as lafenis vir jou warm voete nie. Onthou jou hoed, sonbrandmiddel, iets te ete en te drinke (veral in die warmer, droër maande van die jaar as daar minder lopende stroompies is.)

4. Nog ’n stappie. Hierdie slag oor twee dae in die Kaappunt-natuurreservaat
Jy’t vele keuses, maar los jou gerus jou kos en oornagsakke by die hekwag van waar die Parkeraad dit vir jou na die oornaghut, 20 km verder, neem. Begin by die ingang (met dagsakke) en mik vir die westelike deel van die park, dan seelangs tot by die oornaghut, bo-op die hoogste punt in die park. Vandaar het jy ’n 360?-uitsig. Wees op die uitkyk vir bobbejaan se kind. Na dié asemrowende plek mik jy op dag 2 terug na die hek waar die res van jou bagasie by jou motor wag.

5. Seepunt-promenade
Die lekkerste vir laaste. Kry die bloedsomloop aan die gang vroeg op ’n naweekoggend (ek bedoel vroeg….) en gaan stap op die promenade in Seepunt, Kaapstad. Parkeer jou kar by Granger Bay, Groenpunt, en stap flink met die grote oseaan aan jou sy tot by die munisipale swembad in Seepunt én terug (+/- 7 km). Beloon jouself dan met ’n propperse ontbyt van Café Sophia in 267 Hoofweg, Seepunt.
Kontak: 021 439 7993 

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 10 Maart 2010 | 19:54:34

Raad vir die "Backpackers", Rol jou klere eder as om dit te vou, en om dit nog meer bymekaar te hou, sit 'n rekkie om dit, dit help baie wanneer jy deur jou sak gaan op soek na iets.

Gelewer op 27 Januarie 2010 | 16:52:25

Wat van so paar naweekdinge in Gangsters Paradise asb? Ek like die Kaap kwaai, maar is so biki ver om vir 'n naweek soontoe te gaan ...

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

’n Goeie rugsak kan jou langer as tien jaar hou. Só soek &rsquo...

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek