Duik in ’n poel
Daar is net iets spesiaals daaraan om in ’n mooi versteekte rivier- of rotskuil te spring.
Of dit is omdat dit soms ’n bietjie moeite verg om by so ’n poel uit te kom, of omdat daai yskoue water net só verfrissend is, kan jy oor tob wanneer jy ná die tyd in op ’n rots sit en bak. Probeer een van dié poele.
Crystal Pools: By Crystal Pools is vier natuurlike swempoele. Die ingang na die staproete wat hierheen lei, is sowat 7 km uit Gordonsbaai op die R44 in die rigting van Bettysbaai. ’n Mens stap omtrent 45 minute en ’n permit kos R15. Sunbird Guest House by 21 856 1740
Meiringspoort: Wanneer die pylreguit pad van Beaufort-Wes af jou uiteindelik in Meiringspoort se voue besorg, kan jy die hitte van die Groot-Karoo by die waterval in die middel van poort afwas. Toegang is gratis en dis in die somer oop tot 7 nm. De Rust-toerismeburo by 044 241 2109




















Kommentaar