Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Stapkoswenke


Maak ’n spysplan.
Beplan elke ete en dra nét wat nodig is.

 

Maak ’n spysplan. Beplan elke ete en dra nét wat nodig is.

 

Op dag 3 van ’n staptog smag mens na ietsie vars. Draai wortels, soetrissies, uie of selfs komkommer in foelie toe. Pak dit in ’n klein koelsakkie in jou rugsak en sit ’n klam kombuislappie of stukkie koerant bo in die sakkie.

 


Gee kaas asem.

 

Sit jou kaas in ’n bruin kardoes eerder as plastieksakkie. Só bly dit vir amper ’n week vars. Die papier absorbeer die kaas se vog en keer dat dit galsterig raak.

 


Smokkel ‘buns’.

 

Neem ’n pakkie of wat Paasbolletjies (hot-cross buns, man) in ’n Ziploc-sakkie saam. Dis lig en hou lank in die veld.

 


Plastiek is jou pêl.

 

Skep botter en konfyt in plastiekhouertjies. Buitelewewinkels het spesiale houers.

 


Kruie en speserye.

 

Gooi jou sout, peper en droë kruie in pil- of kontaklenshouertjies. Dit laat enige gereg in die veld meer soos huiskos smaak.

 


Bietjie knoffel.

 

Sit ’n skoongemaakte knoffelhuisie in ’n diggeseëlde houertjie vol kook- of olyfolie. Die olie gee ’n lekker geur aan enige kos wat jy in ’n pan braai, of jy kan dit by slaai gooi. En as die olie op is, kap jy die knoffelhuisie fyn en gebruik dié in jou roerbraaikos.Met vleisj. Vakuumverpak ’n biefstuk, vries dit by die huis en draai dit in koerantpapier toe. Wat is nou lekkerder as ’n sappige stukkie steak en ’n bekertjie goeie rooiwyn onder ’n sterrehemel? Droëwors, salami en biltong is vleissoorte wat ook lekker lank hou in die veld.

 


Kaptein John vir jou.

 

Gegeurde John West-tunapakkies werk uitstekend in pasta. Onthou ook ’n pakkie olywe om dinge verder op te kikker.
 

 


Kitspoeding.

 

Stowe ’n pakkie droëvrugte – sommer die gemengde soort – met ’n skeut sjerrie of ander soetwyn van jou keuse en geniet dit saam met kitsvla.

 


Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek