Bome en struike met heerlike vrugte tussen Nylstroom (Modimolle) en Ellisras (Lephalale)
1. Bees omdraai, Ximenia caffra
Dit het oranje, gelerige tot pers langwerpige vrugte. Druk die dop af en laat dit in jou mond inglip. Lekker soet maar dit raak al suurder hoe langer jy dit kou. Draai dit om in jou mond. Dis waar die naam omdraai vandaan km. Dit is ’n groot vrug en is so imposant soos ’n bees. Waarlik ’n ervaring wat jou proebelewing ’n nuwe les sal leer.
2. Bok omdraai, Ximenia americana
Dit het ook oranje tot gelerige en ligpers maar kleiner vruggies Laat dit ook inglip. Lekker soet in die begin maar gaan vinnig oor na suur en liggies bitter. Draai dit ook om en om in jou mond. Daar het jy weer die naam omdraai. Dit is kleiner, maar ook tog imposant soos ’n bok.
3. Kruisbessie, Grewia flava
Kruisbessies is bosserige struike wat in oorvloed bessies kan dra. Dit is soet en word in massas afgepluk en kan gedroog word. Dit word ook gebruik om drank van te brou. Oppas te veel pitte kan jou maklik verstop.
4. Die bobene van’n ou vrou, rank kruisbessie
Dit het vierkantige stamme en takstamme. Dit laat jou dink aan die vormlose, afgeleefde bobene van ’n maer ou vrou. Hulle is lank en vierkantig en is saamgestel uit veskillende litte. Dit het in die najaar bessies met doppe om, wat afgevryf kan word. Dan is die lekkerste soetsuur daar om van die pitte af te suig. Jy moet wag tot op die end om dit te geniet.
5. Stamvrug, Ficus salisifolia
Hulle is oranjerooi tot donkerrooi en perserig. Hulle dra vlesige vrugte wat lekker soet is met ’n eie hemelse smaak. As daar dan in die ou dae op so ’n boom afgekom is met lekker vrugte aan, het die man wat dit teëgekom het, sy stertriem af gehaal en dit opsigtelik daaraan opgehang en dit sodoende vir homself gemerk. Alle manlike persone het destyds stertrieme gedra wat van vel gebrei is. Dit het ook elk ’n eie kleursamestelling gehad afkomstig van die vel waarvan dit gebrei is. Almal het geweet hoe lyk elke man se stertriem. Dit was as’t ware jou vingerafdruk of stertafdruk. Merk hom met jou stertriem dan weet almal dit is joune !!


















Kommentaar