Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Kamppizza op die kole


Janine Malan sê dis "n lekker afwisseling van die gewone ou braaitjoppie en brood!
zoommore

Janine Malan sê dis 'n lekker afwisseling van die gewone ou braaitjoppie en brood!

Die cadac high-braaipan het wonderlik gewerk as "deksel" en so het ons ons eie pizza-oond geskep.
zoommore

Die cadac high-braaipan het wonderlik gewerk as "deksel" en so het ons ons eie pizza-oond geskep.

Janine Malan van Durbanville skryf:
My skoonma Mariette Malan het 'n bobaas-plan vir 'n kamppizza ontdek. Ons het dit die naweek probeer en dit was voorwaar heerlik! En die beste van alles is, jy eet hom vuurwarm van die rooster af! Geen koue pizza met aflewering.

Só maak jy:

Eers het ons die deeg gerooster aan albei kante, dit afgehaal en al die heerlike lekkernye bo-op gesit ('n klein blikke tamatie pasta, mozarella- en cheddar-kaas gemeng met ham en stukkies spek) en toe is dit terug na 'n oop rooster.
Die cadac high-braaipan het wonderlik gewerk as "deksel' en so het ons ons eie pizza-oond geskep... Die bolaag het ook heerlik gaar geword en dit was watertand lekker.

Probeer gerus hierdie een as julle weer gaan kamp. Dis 'n lekker afwisseling van die gewone ou braaitjoppie en brood!

Basiese broodresep

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 10 Maart 2010 | 16:16:48

Ja, jy kan 'n basiese deegresep gebruik, soos met die stokbrood van gister. Hier is 'n basiese broodresep: http://www.weg.co.za/kos/storie/311

Gelewer op 10 Maart 2010 | 16:07:07

Gebruik ek die resep vir gister se stokbrood vir die deeg? Anders moet jy die deegresep ook gee, asb.

Gelewer op 10 Maart 2010 | 13:09:35

jinne, nou water my mond behoorlik! kannie wag om weer te gaan kamp om die resep te probeer nie!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek