Pak ’n piekniekmandjie
Hou jou piekniekmandjie gepak in die kas en as die weer mooi is, koop ’n pakkie beskuitjies, ’n blikkie mossels, fênsie kaas, ’n bottel koue witwyn en ’n paar stokkielekkers. Gooi dan ’n kombers oop langs ’n dam, onder ’n paar koeltebome of by die see.
Hou piekniek of braai by Oudekraalbaai net anderkant die Twaalf Apostels-hotel naby Kaapstad. Op ’n stil dag kan jy jou eie strandjie hê terwyl jou kinders heeldag oor die groot ronde rotse klouter. Toegang is R15 as jy nie ’n Wild Card het nie. * 021 438 9555
Bloemfontein se historiese Oliewenhuis met oneindige groen grasperke wat voor hom uitstrek, is heerlik vir piekniek. Toegang is gratis. * 051 4479 609


















Kommentaar