Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Die Plaat (naby Hermanus en Stanford)


Tussen en Junie en Oktober wemel hierdie deel van Walkerbaai van die noorkapperwalvisse. Onthou die verkyker.
zoommore

Tussen en Junie en Oktober wemel hierdie deel van Walkerbaai van die noorkapperwalvisse. Onthou die verkyker.

Hermanus is ’n gawe vakansieplek, maar dit raak nogal bedrywig, veral in die somer – en veral as die matrieks klaar eksamen geskryf het.
In elke brander spoel ’n Stellenbosse professor en twee Worcesterse wynboere verby jou.
As jy ’n bietjie stilte soek, wyk uit na Die Plaat in die Walkerbaai-natuurreservaat, waar daar ’n stukkie kuslyn van 17 km op jou wag. 
Die voordeel? As jy vroeg opdaag, gaan jy waarskynlik iewers ’n strandjie vir jouself hê.
Die nadeel? Jy het ’n 4x4 nodig om die beste plekkies te bereik.
 


Daar is iets wilds aan die plek. Die paadjie in die reservaat loop teenaan die see en omtrent elke 100m is daar ’n beskutte baaitjie in die kalksteenrotse waar jy kan stilhou en in jou Speedo rondloop sonder dat iemand vir jou lag.
As jy hou van voetslaan, kan jy strandlangs Hermanus toe loop. Of jy kan visvang: Met ’n 4x4 kan jy op Kaapse Natuurbewaring se roete na die ou visvangplekkies ry – die Polle, Sopiesklip, Groot-Duifklip en Klein-Duifklip. 
Hier is kabeljou en witsteenbras, maar moenie ’n kans vat nie: Gooi maar daardie galjoentjie terug.

Maak toe


As jy nie ’n 4x4 het nie, kom kyk na die Klipgatgrot, skaars vyf minute se stap van die parkeerterrein af. Jy klouter eers deur ’n kleiner grot en ’n rotsskeur voordat jy by die “hoofgrot” kom. 
Op hierdie einste plek het tussen 50 000 en 70 000 jaar gelede mense gebly wat elande, swartwildebeeste en bloubokke gejag het. (Die seevlak was toe laer en die “strand” was tussen 3 km en 7 km verder as vandag.)
 

Maak toe


Toegang is R25 vir volwassenes en R12 vir onder 18’s, behalwe vir diegene met ’n Wild Card. Die kuspaadjie in die reservaat is plek-plek só vol knikke dat selfs ’n “sagte” veldvoertuig sy ry sal moet ken.

Maak toe


Ry van Stanford af 17 km in die rigting van Gansbaai en draai dan regs by De Kelders se afdraai. Sowat 300 m verder draai jy weer regs in De Villiersstraat – ry 1,4 km reguit aan tot by die hek en parkeerterrein.

Maak toe

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek