Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Kyk hier na nagligte


1. Swem tussen sterre
Soms, wanneer ’n paar faktore langs die kus perfek saamwerk, is die kuswaters vol fosfor. Op ’n donker, bewolkte nag spoel die branders neongroen op die strand uit. En wanneer mens swem in die donker sterrelose nag, in die fosforryke water, swem jy in ’n see van sterre. Elke beweging word gevolg deur groen skitterende sterre. ’n Vis wat wegskarrel voor jou voet, laat ’n groen ligwolk agter. Onbeskryflik!

2. Beleef ’n weerligskouspel
Die Wesrand van Gauteng is seker een van die plekke op aarde waar weerlig die meeste slaan. Na donker, ry na die heuwel buite Krugersdorp en verkyk jou aan die skouspel weerlig oor die “wieg van die mensdom”. Lig blits van die hemel na die aarde, vertikaal af, en horisontaal oor die hemelruim, met ligvertakkings wat uitsprei die donkerte in, gevolg deur oorverdowende donderslae. ’n Verblindende lig- en klankskouspel uit die boonste rakke!

3. Ervaar die Noorderligte
In Desember het Alaska amper 24 uur per dag, nag. Dit is altyd donker, altyd ysig koud. Maar in dié onbeskryflike donker koue is daar ’n nagskouspel waarby selfs die grootste vuurwerkvertoning nie kan kersvashou nie. Dis die Aurora Borealis. Wit, geel en groen strome lig val in vertikale liggordyne uit die hemel. Die statiese elektrieseteit is hoorbaar. Die hemelruimgrote liggordyn golf heen en weer. En dan.. oranje en pienk lig ook! Asemrowend!

4. Kyk Karoonag-sterre
Op die naat van jou rug, op die woestynvloer van die Karoonag – dís die beste manier om die Karoosterre te bekyk. Geen lig. Geen klank. Soos diamante skitter hulle in die swart fluweel van die naghemel. Elke geskape ster sigbaar. Elke ster glashelder. Soos jy droom-staar word hulle blinker! Hulle skitter so, dat jy hulle kan hoor. Die wit melkwegwolk smeer oor die swart nag.

5. Vuurvliegies in die Transkeise-duinewoud
In die donker van die nag. In die donker van die bos... sweef ’n liggie heen-en-weer tussen swart geëtste takke. ’n Swerm liggies sweef op die koel seebriesie tussen die Transkeise duinewoud-bome rond. Vuurvliegies kom dans kringe in die bos!
Liggies tussen varings, bome, takke en blare. Vuurvliegies rondom, bo en langs jou. Onvergeetlik!

 

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek