• Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

  • Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

  • Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Jagvakansie in Molopo


Skemertyd in die Kalahari.
zoommore

Skemertyd in die Kalahari.

Ek, Adrian Montzinger, Emile Langeveld en SW Roeland het op universiteit in Potchefstroom ontmoet en sedert ons klaar studeer het, kom ons elke jaar in Julie bymekaar en gaan jag. Molopo is ongerept met geen teerpaaie en groot dorpe nie. Hier kry jy net bosveld met van die beste wildsplase in ons land.

Jy hoor die roep van ’n kiewiet, jy ruik die nat sand, jy hoor die gehuil van ’n jakkals, jy sien die son so goud soos wat jy dit nog nooit tevore gesien het nie, jy merk die lang skaduwees van doringbome oor geel grasvelde val en jy sien vlamme dans in die donkerrooi kern van ’n ysterhoutvuur – en jy weet jy is in die Kalahari. 

Donderdag 12.35 nm.
Die bakkie se band gryp na die gruis op die grondpad wat Piet Plessis met Vergelëe verbind terwyl ons druk om so vroeg moontlik by die plaas te kom. Ons ry verby verlate plaashuise en ’n mens kan nie help om te wonder hoe dit jare gelede was nie, toe daar nog skole in die omgewing was en mense naweke bymekaar gekom het om tennis, rugby en krieket te speel nie. Jy kan amper nog die kinders op die stoep sien speel en boere in hulle kakieklere met hulle Land Rovers sien rondry. Al wat vandag oor is, is die bouval van wat eens iemand se huis moes gewees het.

Donderdag 1.25 nm.
Toe ons deur Boshoek ry, kan ek al amper die plaas voel, want ons is nou baie naby. Dis minder as 24 uur gelede toe ons vir Adrian by O.R. Tambo-lughawe opgetel het, hy’s hier vir ons jaarlikse bymekaarkoms. Emile het van Bloemfontein af opgery en SW het vroëer uit Londen geland. Ons het almal Donderdagoggend 5 vm. van my plek in Johannesburg vertrek en ná vyf ure se ry kom ons op die plaas aan.

Donderdag 2.15 nm.
Ek hardloop deur die veiligheidsmaatrëels en gee instruksies oor hoe om die gewere the hanteer. Ná ’n demonstrasie oor hoe om die geweer te ontlaai en die veiligheidspennetjie aan te sit, laai ek ’n rondte in die .22, lê aan en skiet terwyl SW die teiken met die verkyker ondersoek vir enige gate. Ons maak beurte met die .22- en die 243-gewere en skerp weer ons verroeste jagvaardighede op. Die teleskoop se kruis is in lyn met die selfgemaakte teiken en terwyl die eerste oorverdowende skoot afgetrek word, skop die gevoel vir die jag in en omskep ons weer in jagters.

Donderdag 4.23 nm.
Die son begin sak in die weste en die lang skaduwees van die doringbome strek oor die veld. Die ongelooflike mooi deel van Afrika word bedek soos wat die goue strale van die son gaan lê oor die Kalahari. ’n Mens het geen keuse as om die prag van die bos in te neem nie. Koue lug agter op die bakkie, was al die stres van die regte lewe weg en gou vergeet ons van ons lewens by die huis. Vir hierdie oomblik, vir die vier dae leef ons asof daar geen ander wêreld bestaan nie. Ons bekommer ons oor niks wat bestaan buite die grenslyne van hierdie paradys waarin ons onsself bevind nie.

Vrydag 7.24 vm.
Mila is aangetrek en reg om te gaan. Entoesiasme en die vooruitsig van die jag brand binne-in hom. Hy is ongeduldig waneer hy ons aanmoedig om op te staan en gereed te maak. Aan die Botswana-kant van die rivier klim die oggendson in die lug terwyl dit stadig besig is om die ys van laasnag se koue te smelt. Ons sien gereeld koedoes en loop per geleentheid ’n paar tarentale raak. Die koedoes wat ons kry, is egter nie groot genoeg nie en ons laat hulle gaan.

Vrydag 11.34 vm.
Ontbyt bestaan uit roereiers en voorafgemaakte bobotie. Die son sit hoog en ons besluit om ’n paar gholfballe onder in die grondpad, wat deur die plaas sny, te gaan slaan. Ons soek lafenis teen die son met ’n paar yskoue biere en slaan gholfballe die wêreld vol.

Vrydag 6.45 nm.
Om ’n draai in die droë Moloporivier gewaar ons drie vlakvarke, maar hulle moes ons eerste sien kom het, want hulle hol stert in die lug en met penorente nekhare oor die modder van verlede seisoen se reën wat al kliphard geword het. In sekondes verdwyn al drie oor die grens en in die lang gras. Fisante verskyn en verdwyn dan weer in die digte bosse wat teen die rivier groei.

Vrydag 7.12 nm.
Die laaste strale van die son verdwyn in die sand en die dag verander in nag. Stilte soos wat op geen ander plek op aarde omring ons, maar dis ’n stilte voortgebring uit ’n magdom van geluide. Die geluide van die Kalaharinag. ’n Jakkals huil iewers uit die Molopo. Die vuur kraak. Ons lig ons biere en drink op alles wat gebeur het sedert ons vorige besoek aan hierdie verafgelëe wêreld. Geklee in ons parkas en mussies hou ons onsself warm by die vuur en gesels die nag in.

Saterdag 7.08 nm.
Weer eens is Mila die eerste een op en soos ’n general in die oorlog bevel hy sy troepe om aan te trek. Ons panter onsself met parkas, handskoene en ou weermagbroeke wat my pa oorgehou het van sy diensjare. Hulle is sterk en beskerm ons van die koue en van die bosse se dorings waneer ons op ons voete jag. In die wyd uitgestrekte grasland in die verste gedeelte van die plaas gewaar ons ’n koedoebul tussen ’n die bome. Bokkoors skop in en ek moet vir Adrian kalmeer terwyl hy sy geweer regkry. In die volgende paar oomblike lê die sukses van die hele naweek. Die uitkoms van ’n enkele skoot sal die gemoedstoestand vir die res van die jag bepaal. Adrian lê aan, vuur en vir ’n oomblik is daar chaos en dan stilte… dis raak, maar dit was nie ’n suiwer skoot en hy sal weer moet skiet. Die koeël sny deur die lug. Die keer tref die nie die teiken nie, maar in plaas daarvan skop dit ’n wolk van stof en sand in die lug op. Instinktief weet ek iets moet gedoen word en gou. Ek gryp die geweer en hardloop. SW roep my na sy rigting toe terwyl ek vrees dat die koedoe oor die draad sal spring en in die bosse verdwyn. Hy’s gekwes, maar kan nog vir dae aaneen hardloop. Skielik gewaar ek hom weer ’n paar meter weg en stop dood in my spore. Ek hou my asem op om enige onnodige beweging te voorkom en die geweer te stabiliseer. Die teleskoop se kruis is opgestel en ek trek die sneller. Die skoot is suiwer. Soos ’n trop leeus sak ons op ons prooi toe. ’n Suksesvolle jagtog. Adrian se eerste koedoe.

Saterdag 7.28 nm.
Terwyl ons vir die laaste keer die naweek om die plaas ry, voel ek ontspanne en tevrede. Dit was ’n suksesvolle naweek en terwyl die ander nog na vlakvarke soek, ontspan ek net en neem die wonders van die bos in, dit genees die siel. Die pêlle stop my om ’n foto te neem van die vier van ons en van die ongelooflike mooi sonsondergang. Ek kry ’n warm gevoel om te sien dat hulle ook dit wat ons in die vergete uithoek van Suid-Afrika deel, waardeer en herhinner my waarom ek myself ’n Afrikaner noem. Ek voel deel van die dit alles en dit alles is deel van my.

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 27 Junie 2009 | 09:56:08

Lees meer oor die Boedies by www.boedies.blogspot.com.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek