Lesersvideo: Hoor net hierdie leeus
Weg-leser Francois Goosen het diep in die nag hierdie pragtige klanke (en beelde) van 'n trop leeus aan't brul vasgevang by Nossob in die Kgalagadi-oorgrenspark.
Krag af
Hy vertel: "Ek het by die uitkykpunt video geneem van leeus wat brul. Die materiaal is nie so goed nie want dit was na 23:00 dan is die generator af en gevolglik die lig, maar die klank is fantasties en "nerve-racking".
Terug na bestemmings | Terug na bo
Gelewer op 6 Maart 2010 | 11:21:16
Ons was oppad terug huistoe, toe ons Maandag 1 Maart n end uit Nossob op n leeuwyfie en net daarna n leeumannetjie in die pad kry stap het. Ons het na hartelus fotos geneem en opgemerk die wyfie is oppad Nossob watergat toe, omgedraai en haar daar gevind, ons glo die mannetjie was ook op pad daarheen. Ek is oortuig dis dieselfde twee diere. Wat n wonderlike ondervinding!
Gelewer op 5 Maart 2010 | 08:14:33
Pragtig. Nog 21 "slapies" en dan is dit Mabuasehube toe. kan nie wag nie
Gelewer op 3 Maart 2010 | 20:39:54
Ongelooflik, was in die park maar kon nie die spul opspoor nie...maar baie dankie vir die mooi video!!!
























Kommentaar