Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Durban: Besoek 'n Boeremark


By die Shongweni-boeremark kan jy selfs Milo-gegeurde pannekoeke koop.
zoommore

By die Shongweni-boeremark kan jy selfs Milo-gegeurde pannekoeke koop.

Maak ’n draai by die Shongweni-plaasmark, maar sorg dat jy teen seweuur die oggend daar is, want dís wanneer die boere hulle stalletjies regkry en die geil geure van tuisgebakte brood en vars koffie in die oggendlug hang.

Teen tienuur begin die boere weer oppak en ’n paar laat­slapers raak omtrent handgemeen oor die laaste spek-en-eiertoebroodjie.
Toe ek aankom, word daar al druk sake gedoen. Mense stap onder die kleurryke sambrele rond en stop af en toe om ’n flessie konfyt in hulle mandjie te sit of ’n tweede (of derde) ontbythappie te eet.
In die ry vir die koffie gesels twee mans voor my oor waar hulle later vandag gaan rugby kyk. Hier is ook ’n ry by die pannekoeke, maar ek besluit liewer op ’n avokado-en-room­kaastoebroodjie.
Ná ’n paar uur se rondsnuffel het ek ’n hele paar lekkernye in my mandjie, onder meer whisky­marmelade en ’n wortelkoek.

Waar? Van Durban af ry jy 30 km met die N3 in die rigting van Pieter­maritzburg. Neem die Kassierweg-afrit en draai regs. Die mark is op die hoek van Kassier- en Alverstoneweg.
Wanneer? Elke Saterdagoggend van 6.30 vm. -10 vm.
Koste: Gratis.
Kontak: 083 777 1674

Weg sê: Dra jou waterstewels en Stetson­hoed, want dis die enigste plek waar niemand jou skeef gaan aankyk met so ’n uitrusting nie.

Nog buitelewe-doendinge


Luister musiek onder die bome

Pak piekniekkos en bring ’n namiddag in Durban se botaniese tuin deur by die maandelikse Ou Mutual Music at the Lake-konsert. Hier is ’n groot verskeidenheid konserte, van alternatiewe rock tot jazz.
Waar? St. Thomasweg 70.
Wanneer? Een keer per maand, op ’n Saterdag of Sondag.
Koste: Kaartjies wissel van R80-R100 vir volwassenes; R20-R60 vir kinders.
Kontak: 031 309 1170; www.oldmutual.co.za  (vir konserte) 

Hou die Europese swaels dop
Kry peuselgoed, ’n kampstoel en jou verkyker en kom kyk hoe duisende Europese swaels in die somermaande saans nes toe kom by die Victoria-moeras naby Mount Moreland. Dis iets werklik besonders.
Waar? Ry noord met die N2, neem die Umdloti-Verulam-afrit. Draai links na Verulam. Draai 1 km verder regs, regoor die bordjie na die Hillhead Farm Estate, op die grondpad. Volg die Mount Moreland-bordjies en die kleiner padbordjies wat lui “Barn Swallow Site” tot by die dorp. Die voëlkykplek is regoor die parkeerterrein.
Koste: Gratis.
Kontak: 031 568 1671 (Lake Victoria-bewarea, Mount Moreland)


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 17 September 2010 | 11:34:36

Weet iemand dalk van n boeremark Johannesburg?

Gelewer op 14 Julie 2010 | 11:19:39

Probeer die Stellenbosch Fresh Goods Market of die Willowbridge Slow Maket. Besoek http://www.slowmarket.co.za/ vir meer inligting. - Die webspan.

Gelewer op 5 Julie 2010 | 18:00:31

Waar kry mens so tiepe mark in die Wes-Kaap?

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek