Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Vlermuiskyk 101


Tel maar op hierdie foto is daar minstens 700 vrugtervlermuise.
zoommore

Tel maar op hierdie foto is daar minstens 700 vrugtervlermuise.

Min mense weet dit, maar die wêreld se grootste soogdiermigrasie is glad nie die massas wildebeeste wat jaarliks oor die Serengeti trek nie. Nee, die spetakel van spektakels lê nader aan die huis: Zambië se vlermuismigrasie.

Hier is alles wat jy moet weet oor Vlermuiskyk in Zambië.

Vlermuiskyk 101


Zambië is nie so ver nie...

Wanneer moet ek gaan? Kasanka se vrugtevlermuise is net daar van middel Oktober tot middel Desember. Beste tyd om die skoenbekooievaar te sien by Shoebill Camp is April en Mei, maar Junie en Julie is ook goed.

Hoeveel kos dit? Kasanka Nasionale Park het soortgelyke fooie as ander Zambiese parke. Toegang kos R53 p.p. per dag en R116 per voertuig per dag. Geen toegangsfooie hoef by Bangwuelu of die deurry by Lavushi-Manda Nasionale Park betaal te word nie.

Geld.
Daar’s nie kredietkaartfasiliteite nie, so probeer vooraf betaal as jy bespreek. Neem genoeg kontant (Amerikaanse dollars en ook Zambiese kwacha) saam vir jou hele trip. Brandstof kan gewoonlik net met kwacha gekoop word.

Akkommodasie
Kasanka:
Kampering by Pontoon en Kabwe in Kasanka kos R76 p.p. per nag. Selfsorg in die chalets by Wasa en Luwombwa kos R354 p.p.p.n.. Daar’s ook pakkette wat alle maaltye en aktiwiteite insluit.
Bangwuelu: Safaritente by Shoebill Camp kos R402 p.p.p.n. en kampering R76 p.p.
Mutinondo Wilderness: Kampering kos R64 p.p.p.n. en die chalets R950 vir twee mense per nag (aandete en ontbyt ingesluit).
Etes. Jy kan etes vooraf bestel by al drie plekke. By Wasa, Luwombwa en Shoebill Camp kos (puik) aandete R104. As jy op selfsorg-basis bly dan maak die kampkokke jou kos vir jou gaar. Jy oorhandig bloot al die bestanddele en hulle sorg vir die res – en hulle kén van!
Aktiwiteite. Om Kasanka ordentlik te geniet, moet jy eenvoudig gaan stap. Dit kos R177 per groep om ’n gewapende gids te huur vir ’n halfdagstap. Vlermuisbesoeke kos R232 p.p. – duur, maar as jy so ver gery het om vlermuise te kyk, dan moet jy dit ordentlik doen! Die bootrit by Luwombwa is ook ’n moet – en teen R370 per groep baie goeie waarde. ’n Gids by Shoebill kos R160 per groep, maar as jy spesifiek die skoenbekooievaar wil gaan soek, dan’s dit R261 p.p. Bootritte daar kos R131 p.p.
Kontak:
Kasanka en Shoebill Camp: www.kasanka.com; trust@kasanka.com
Mutinondo Wilderness: www.mutinondozambia.com; 2MWL@bushmail.net
* Nota: Pryse gaan iewers in 2010 opgaan, maar nie met meer as 10% nie.

Hoe kom ek daar? Meeste Suid-Afrikaners sal seker ry, maar jy kan ook vlieg. SAL en Zambian Airways vlieg daagliks Lusaka toe. Ons het gevlieg en toe ’n 4X4 gehuur.

Paaie.
Die Great North Road is in goeie kondisie van Lusaka tot by Serenje. Die teerpad na Kasanka is ook skaflik. Tussen Serenje en Mpika disintegreer die Great North Road plek-plek, so moenie jaag nie, anders is dit jy en ’n slaggat en ’n verleë oproep na die Rooms-Katolieke Kerk se werkswinkel (net vir ingeval, hou Kapapa Kapambwe se nommer in jou sak: 096 632 8853). Die grondpad tot by die Livingstone Memorial is skaflik, maar van Lake Waka Waka na Shoebill is dit harde werk, ditto deur Lavushi-Manda. Sit ’n volle dag opsy vir ’n rit van Kasanka na Shoebill en moenie alleen ry as jy dit in die reënseisoen aandurf nie. ’n GPS is ook ’n bak idee.

Brandstof.
Tydens ons besoek was brandstof maklik verkrygbaar in Lusaka, Kabwe, Kapiri Mposhi, Serenje en Mpika. Sorg dat jy genoeg in die tenk het vir die rit na Shoebill, want daar’s geen brandstof daar nie. Maak dan weer vol in Mpika voor jy terugdraai Mutinondo of Lusaka toe. Tydens ons besoek het een liter diesel sowat R9,60 gekos.

Malaria.
Ja, muskiete met nekke dikker as jou pols. Drink die pille. Daar’s tsetsevlieë ook, so wees paraat. Jy’t nie geelkoorskaart nodig nie.

Visum.
Nie nodig vir Suid-Afrikaners nie.

Gidse en kaarte.
’n Goeie Zambië-kaart is skaarser as ’n Mitchell’s Plain poliesman wat registreer op die werksbevredigingsindeks, so koop Hupe se ‘Zambia Road Map’ (R100) as jy dit sien – dis beskikbaar by Kasanka. Bradt se 2008 Zambië-gids (R360) was elke sent werd.

Weg sê: Pak waterstewels as jy vlermuise gaan kyk, want jy stap deur die moeras. Reënjasse is ook verpligtend en kry vir jou Struik se Birds of Africa, want jy’s nou effe buite ons substreek.


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek