Roete: R712 deur Golden Gate
Die Oos-Vrystaatse natuurskoon vra dat ’n mens nie jaag nie. Begroot ’n ekstra dag en geniet die ongelooflike sandsteenwêreld.
Clarens self bied baie om te sien. Eet by een van die heerlike restaurante, krap rond in die winkels of beproef van die avontuursport wat hier aangebied word (soos die witwaterroei op die Ashrivier deur Clarens Xtrememewww.clarensxtreme.co.za – R400 p.p. vir ’n halfdag).
Verder is die R712 heerlik en jy ry boonop deur ’n nasionale park. Dis beslis die moeite werd om tyd om opsy te sit om veral in die swempoel rond te plas – dit raak mos in die somer bitterlik warm in hierdie wêreld.
Buiten dié stuk pad kan jy ’n draai gaan maak by Ficksburg, Suid-Afrika se kersiehoofstad. Dis ook ’n grenspos Lesotho se kant toe – pak dus jou paspoort in as jy beplan om van jou toer ’n internasionale vakansie te maak.
Klik hier vir die roetekaart
In 'n neutedop
Clarens
Die Highlander - Slaan gerus jou tande in die Fiona's Classic-pizza - 'n middelslag een kos R48. dis heerlik
Waar? Aan die oostekant van die dorpslein, op die hoek.
Kontak: 058 256 1912
The post house - Heerlike ontbyt (ook ligte middagete en aandetes) Die salm-en-roereier ontbyt vir R45 is 'n goeie keuse.
Waar? Hoofweg
Kontak: 058 256 1534
Clarens-brouery - Laai gerus 'n paar bottels in vir die res van die vakansie aan die Suidkus...
Waar? Ooorkant The Highlander
Kontak: 082 901 4700
www.clarensbrewery.co.za
Red mountain house - 'n Lekker plek om te bly. Steve Roy, 'n verloopte Brit, is die gasheer en jy het 'n mooi uitsig oor die berge. Vanaf R350 p.p.p.n.
Waar? Net af in die straat van The Highlander, langs die dorpsplein
Kontak:058 256 1456
Golden Gate Nasionale Park
'n Staanplek met krag kos R135 vir vir tot 6 mense. Hier is ook staproetes om jou besig te hou
Waar? Op die R712, sowat 17,3km van Clarens af in die rigting van Harrismith.
Kontak: 058 255 1000; www.sanparks.org.za
Sterkfonteindam - Natuurreservaat
Kom vang vis of ski op die dam
Waar? Op die R712, sowat 24km van die Golden Gate se hek (aan die Harrismith-kant ) af.
Terug na bestemmings | Terug na bo

























Kommentaar