Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Tuinroete: Monkeyland & Birds of Eden


’n Astrante ringstert-lemur by een van Monkeyland se voerstasies. Die kinders kraai behoorlik van plesier as hulle een van dié outjies raakloop.
zoommore

’n Astrante ringstert-lemur by een van Monkeyland se voerstasies. Die kinders kraai behoorlik van plesier as hulle een van dié outjies raakloop.

Die rooi-ibis is "n uitheemse voël wat in Suid-Amerika en Trinidad en Tobago voorkom. Jy sal sowat 200 voëlspesies by Birds of Eden se vryevlughok naby Plet te sien kry.
zoommore

Die rooi-ibis is 'n uitheemse voël wat in Suid-Amerika en Trinidad en Tobago voorkom. Jy sal sowat 200 voëlspesies by Birds of Eden se vryevlughok naby Plet te sien kry.

Monkeyland, wat in 1998 deur Tony Blignaut en Lara Mostert geopen is, is die wêreld se eerste primaatpark waar die verskillende spesies vrylik kan beweeg. Dis soos ’n Verenigde Nasies van primate: Eksotiese lemurs en gibbons uit Madagaskar, slank-ape uit Thailand, eekhoringape, kapusynape en brulape uit Suid-Amerika word saam met ons eie blouape hier in ’n natuurlike omgewing gerehabiliteer. 

Die meeste van hulle was troeteldiere in aanhouding of is vir laboratorium-eksperimente gebruik. Die sowat 400 diere by Monkeyland kan vrylik rondbeweeg in 12 ha van die oorspronklike Tsitsikammawoud. 

“Dis werklik die konsep vir die toekoms,” vertel Bert “Langasem” Vos, een van die kurators. “Veral vir die emosionele welstand van diere in gevangeskap,” gaan hy voort. “Waar dieretuine ophou, begin ons.” 

Ons stap saam op die 800 m-safariroete deur die woud.
Dis rustig. Bert se kennis van prima-te is indrukwekkend en hy’s ’n  primate whisperer soos min.
’n  Groot gibbon-aap beweeg voor ons verby. “Somtyds loop hy met al twee hande in die lug, soos ’n  ballerina,” sê Bert in ’n David Attenborough-agtige fluisterstem. Ek ontmoet vir Brad Pitt, die enigste swartlemur hier. Sy maatjie, Angelina Jolie, het ongelukkig gevrek. Ek bekyk ’n ringstertlemur wat by een van die voerstasies aan vrugte weglê. Hy lyk kompleet soos Julian, die “I like to move it, move it” lemurkoning in die animasiefliek Madagascar. En dis maar net die helfte van die pret, want langs Monkeyland is Birds of Eden, wat in 2005 geopen is.

Dis die wêreld se grootste vryevlugvoëlhok:
’n Enorme bousel met ’n draadmaaskoepel van 3,2 ha wat tot 50 m die lug in rank. Hier beweeg meer as 3 000 voëls van 200 spesies na hartelus rond. 
By die beginpunt van die 1,2 km-wandelpad wag ’n kordate ringnekpapegaai my in. “Sê my, wil jy f—?” wil die voël weet. Dan sê hy dit weer, met groter dringendheid. Die derde keer swets hy – ’n mens kan maar net wonder oor sy vorige eienaar… 
Jy kan Birds of Eden saam met ’n gids verken óf op jou eie. Hier is ’n rivier, waterval en amfiteater met plek vir 200 mense. Ek stap saam met die kurator, Lee Dekker. En Zaza, ’n reënboog-lorikiet, sit op my skouer en tjirp onverstaanbare bevele in my oor.
 Ek sien papegaaie, neushoringvoëls, flaminke en ’n vampieragtige vrugtevlermuis wat koponderstebo hang. Die plek laat ’n mens klein voel. Hier kraai die geveerdes koning.

Klik hier vir 'n video van Erns by Monkeyland en Birds of Eden, asook merkwaardige interaksie tussen Weg se kamera en Brad Pitt, Monkeyland se enigste swart lemur.

Blitsfeite


Waar? Monkeyland en Birds of Eden is langs mekaar, 13 km oos van Plettenbergbaai. Draai af van die N2 en volg die bordjies.

Wanneer? 8 vm.-5 nm.

Koste: R192 (volwassenes) vir ’n begeleide Monkeyland-safari en toegang tot Birds of Eden; R96 (kinders van 3-12).

Kontak: 044 534 8906; www.monkeyland.co.za; www.birdsofeden.co.za


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 5 Augustus 2011 | 02:51:22

I can't beilvee you're not playing with me--that was so helpful.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek