• Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

  • Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

  • Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Provinsiale reservate bo!


Kampeer in provinsiale reservate – ek sê dit vir almal wat wil luister. Oos-Kaap het ongelukkig sopas hulle tariewe verdubbel maar in die Noordwes kan jy nog in plekke soos Borakalalo vir onder R50 per nag kampeer! Selfs in die Wes-Kaap kan jy heerlik kampeer in plekke soos De Hoop, vir ’n fraksie van wat dit sal kos om in ’n hotel of lodge of selfs rondawel te bly.
 

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 5 Mei 2010 | 13:54:50

Ek en my man was onlangs in Borakalalo Nationale Park. Wat 'n belewenis, daar is ongelooflik baie wild. Renosters(op een wildrit 7 gesien) kameelperde, koedoes, swartwitpense noem maar op. Ons het in die Moretelekamp gekampeer waar die tariewe R 90-00 per persoon per nag is met 'n maksimum van 6 persone per staanplek (vir 6 mense R 540-00 p/nag) wat ek dink nogal ietwat duur is. Ons verblyf in Port Edward vir Desember beloop R 280-00 per nag vir 4 persone! Ek sal natuurlik enige tyd weer in Borakalalo gaan kamp, want dit is regtig 'n ervaring. Daar was tot rooibokkies wat in die aande tussen die tente rondgeloop het en die badkamers is 'n ervaring op sy eie. Riette Lindeque Drie Riviere

Gelewer op 18 Januarie 2010 | 09:54:53

Ons het die Desember hitte getrotseer en in Pilanesberg se Manyane kamp gaan uitspan oor die oujaar. Warm is 'n lou woord vir dié tyd van die jaar vir (Pilanesberg) kamp. Nie te min, ons het regtig lekker gekuier met ons kinders en ons twee kleinseuns. Tog so jammer dat die dames ablusie geriewe sonder warm water moes gaan vanaf wo 27 Des tot Son 3 Jan 2010. Gesien die feit dat mammas die peuters, kleuters ens moet skoon kry in koue water - was dit nogal 'n uitdaging gewees!!! Ons het gaan navraag doen - die gewone antwoord gekry: ons sal dit opvolg. Ons weet natuurlik nie wanneer die opvolgwerk gedoen is nie! Die oujaarsmusiek was oorverdowend en heel 'volksvreemd'. Net gewonder of sulke partytjies wat duidelik gerig was op die' jonger van jaar, moderne tiener' nie dalk in die area gehou kon word vir dagbesoekers nie? Ons het in die kamp rondgeloop en gevind dat die meeste (lw meeste) kampeerders rustig by hulle karavane gebraai het en die oujaar 'ngewag' het met lekker kuier en lekkerder tjoppie in die hand. Marié Botha, Krugersdorp

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante stories

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek