Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Sossusvlei en Sesriem


Dis veral in die fel middagson dat "n mens moeilik glo dat "sossus" as "vergaderplek van water" vertaal kan word. Die gebied is nietemin "n paar keer in die laaste paar jaar oorstroom.
zoommore

Dis veral in die fel middagson dat 'n mens moeilik glo dat "sossus" as "vergaderplek van water" vertaal kan word. Die gebied is nietemin 'n paar keer in die laaste paar jaar oorstroom.

Die rooi sand van Sossusvlei sal onvermydelik jou tekkies swaarder maak. Maar trek tog toe skoene aan, want die sand raak báie warm.
zoommore

Die rooi sand van Sossusvlei sal onvermydelik jou tekkies swaarder maak. Maar trek tog toe skoene aan, want die sand raak báie warm.

Drie dae (en twee aande) is net-net genoeg om Sossusvlei en Sesriem in te neem. As twee aande al is wat jy kan bekostig, sal fyn beplanning help dat jy die beste van jou tydjie maak.


 

Dag 1: Span uit


Jy kom uitgeput ná 700 km op die pad van Springbok of Upington af aan. Julle haal Sesriem voor sonsondergang, slaan tent op, laat jou tienerseun braai en sit gemaklik terug in die kampstoele.

 


Dag 2: Verken!


Flink uit die vere.
Staan vyfuur op en pak ontbyt en koffie en beskuit in. Pak minstens 3 liter water per persoon in.

Val in die pad.
Ry die park binne (met ’n teerpaadjie) sodra die hek om 5.30 vm. oopmaak (dit wissel van seisoen tot seisoen).

Klim Duin 45.
Ry tot by Duin 45 (45 km van die hek af) en begin klim. As julle fluks is, vang julle die sonsopkoms van die kruin af.

Sossusvlei toe!
Ry die oorblywende 15 km na Sossusvlei. Stop by die parkeerplek waar die teer ophou en stap Hiddenvlei toe vóór dit te warm is.

Vat ’n siesta.
Ry terug kamp toe en ontvlug van die dag se hitte deur lyf nat te maak in die swembad.

Tweede helfte.
Vat weer teen halfvier die pad Sossusvlei toe en druk deur die sand tot waar die pad ophou. (As jy nie ’n 4x4 vir die dik sand het nie, kan jy die laaste 5 km stap of R75 betaal sodat een van die 4x4’s jou te vat.)
Gaan loer hoe dit lyk by Sossusvlei en verken Dooievlei wanneer die lig op sy beste is vir ’n klassieke dooieboom-en-rooiduinfoto.


Dag 3: Stap by Sesriem


Pak in. Staan weer vyfuur op en pak solank die kamp op. Vandag jaag jy nie, want jy het reeds gister al die groot duine gesien.

Canyon toe. Ry Sesriem-canyon toe en stap die lengte van die sloot voordat dit te warm word.

Klim ’n laaste duin.
Vat weer die teerpad Sossusvlei toe, maar stop by die eerste, beste (naamlose) duin wat vir jou mooi lyk. Stap nader en verken die plek. Terug kamp toe vir die swembad en dan klim jy Elimduin uit vir die sonsondergang.

Groet. Glip uit by die park voor toemaaktyd en gaan kampeer in een van die goedkoper kampplekke in die gebied.
 


Terug na Namibië | Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek