Wanneer die sterre uitkom
Hoe neem ’n mens ’n tegnies uitstekende nagfoto soos dié? Kevin McGilton, ’n leser, verduidelik.
"Ek het dié foto by die Whip-stock-gasteplaas buite McGregor geneem. Tegnies is dit effens ingewikkeld, maar dis wat jy moet doen as jy só ’n foto wil neem."
1 Stabiliteit ‘über alles’. Ek het my Canon 50D op ’n driepoot staangemaak, met die 17-85 mm-lens gestel op 20 mm. Toe het ek die ingeboude flits saam met outofokus gebruik totdat ek seker was die boom is mooi in fokus.
Daarna het ek na “manual”-fokus oorgeskakel sodat die kamera nie weer per ongeluk op iets anders fokus nie.
2 ‘Stilte’, asseblief. Met die afstandbeheer het ek 77 foto’s geneem, elk met ’n sluiterspoed van 30 sekondes. (As jy een 30 minute lange foto neem, is daar meer “geraas” – die irriterende ligspikkels wat op jou foto verskyn as jy sulke nagtonele afneem.)
Om dieselfde rede was my ISO op 100 gestel, en my f-stop f4. Alles is in “raw”-formaat geskiet sodat soveel as moontlik digitale inligting vasgevang kon word.
3 Ekstra beligting. Ek het my handflitsie gebruik om die boom of ossewa op sommige van die foto’s te belig. Ek het nooit al twee saam belig nie – sodat ek later by-voorbeeld die ossewa kon uitlaat as ek wou.
4 Rekenaar toe. Om vir ’n halfuur of wat in die donker rond te sit was die maklike deel. Ek het al die foto’s met PhotoShop 4 se RAW-omskakelprogram afgelaai en gekyk of hulle mooi in fokus is.
Die leggers was groot – sowat 14 MB elk – maak dus seker daar’s genoeg plek op jou rekenaar!
5 Oor mekaar. Daarna het ek die foto’s in PhotoShop sorgvuldig op mekaar “geplak” en ná elke plaksessie die laag ge-“flatten”. Dis vervelig en vat lank (by www.startrails.de kan jy sagteware aflaai wat dit makliker maak).
Gelewer op 23 Junie 2011 | 05:51:20
Yup, that'll do it. You have my apeprciatoin.
Gelewer op 4 Oktober 2010 | 11:31:16
Het onlangs vir my 'n 50D aangeskaf en nou die aand dit in die Vredefortkoepel probeer regkry. My ISO was te hoog (800) en het dus geraas op en ek het die lens 12 minute oopgehou wat natuurlik bygedra het tot die geraas. Ek wil dit baie graag regkry en sal sommer spoedig weer soontoe ry en dit op hierdie manier probeer.


















Kommentaar