Werk hom met die hand


Outofokus red meermale jou bas, maar soms moet jy <br />eerder oorskakel na “Manual” en met die hand fokus.
zoommore

Outofokus red meermale jou bas, maar soms moet jy eerder oorskakel na “Manual” en met die hand fokus.

Outofokus red meermale jou bas, maar soms moet jy eerder oorskakel na “Manual” en met die hand fokus. Toast Coetzer verduidelik.

Estelle Venter van Hermanus het dié mooi meerkatfoto ingestuur. Maar as jy jou bril opsit en die bladsy nader aan jou oë bring, sal jy sien die meerkat is effens uit fokus. (Of hy is baie oud. – Red.)
Dis egter baie moeilik met ’n  foto soos hierdie een om die fokus perfek reg te kry met outofokus. Die outofokus weet nie noodwendig dat jy die meerkat wil afneem nie.

In die meeste kameras is die outofokus só gestel dat dit die kol in die middel van die raam as teikenpunt kies en dan daardie voorwerp in fokus probeer kry.
En hoewel die meerkat in die middel is, het die outofokus met dié foto ’n klein fout gemaak en nou is die grond net vóór die meerkat pleks van die meerkat self in fokus.
As jy byvoorbeeld ’n foto wil neem van ’n bok wat net agter ’n paar takkies staan, gebeur dieselfde, want die kamera fokus op die takkies en nie die bok self nie.

Hoe maak ek om dit te vermy?
Digitale SLR. Skakel jou outofokus af sodat jy met die hand kan fokus. Daar’s gewoonlik ’n klein ikoontjie net langs jou lens (of op die lens) gemerk “A” en “M”. Die “A” staan vir “Autofocus” en die “M” vir “Manual”. Skakel oor na “M” en fokus met die hand deur die fokusring op die lens te draai. Kyk op jou skermpie of die fokus skerp is. Gebruik die inzoem-funksie om doodseker te maak, want die prentjie is mos maar klein agterop die kamera.

Mik-en-druk.
’n Kompakte digitale kamera het gewoonlik nie ’n  “Manual”-fokusopsie nie. Jy moet dus werk met wat tot jou beskikking is.
Probeer die voorwerp (in hierdie geval die meerkat) presies in die middel van die raam hou sodat die outofokus nie te hard hoef te dink nie.

As daar dan iets soos takkies of lang gras is wat die outofokus verwar, moet jy maar net oor en oor probeer totdat die fokus “vat” op jou meerkat of leeu eerder as op die grond of op die takkies.
Kyk agterop jou skermpie en zoem in om seker te maak die fokus is op die regte plek.

terug na wenke | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 8 September 2011 | 20:07:14

Toast, maar wat van "focus points". As mens net een van hulle aansit en dan met die een wat aan is autofokus werk dit ook goed. Ek het nog maar min gehad dat dit nie vir my werk nie. Is daar gevalle wat dit nie 'n opsie is nie?

Gelewer op 11 Augustus 2010 | 13:30:06

Dit wil vir my voorkom of hierdie kommentaar afdeling nie fotos kan laai nie. Dis so jammer. Nou kan ons nie ons floppies hier deel nie.

Gelewer op 11 Augustus 2010 | 13:16:10

Toe ek verlede jaar die Kruger besoek het was die opdrag van my dogter dat ek vir haar 'n Visarend moet afneem. Ons het by elke watergat, uitkyk- en drinkplek gesoek maar tevergeefs, geen Visarend. Ons sit toe een middag by die Engelharddam naby Letaba toe my vrou die Visarend aangesweef sien kom. Ek het die kamera gegryp en gekiek, maar geweet dit was 'n floppie. Ons was onder die indruk dat die arend iewers verder gaan sit het, toe die kêrel in die kar langs ons vir ons met sy hand beduie dat die arend bokant ons in die boom sit. Ek het die kar agteruit gestoot en sowaar daar sit die arend. Ek was weer oorhaastig en het outofokus gebruik en die voël gekiek. Toe ons later die aand by die kamp kom en die fotos op die skootrekenaar aflaai sien ek tot my ontsteltenis dat daar 'n takkie voor die voël was en die kamera op die takkie gefokus het. Wat 'n teleurstelling. Ek plaas beide fotos vir u insig.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in









Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek