Reiswenke

  • Kritieke oomblik

    Daai presiese sekonde wanneer alles binne jou raam perfek is... dís die kritieke oomblik, verduidelik Toast Coetzer.

  • Van die kant af soos Rembrandt

    Hoe neem jy wildfoto’s met die Rembrandt beligtingstegniek? Om mee te begin moet jy in die regte posisie wees...

  • Platgetrek

    Wanneer moet jy jou kamera regop draai om die foto te neem, en wanneer kan jy net mik en druk?
     

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!



Platgetrek


'n Horisontale raam is perfek vir 'n trop rooibokke of swerm watervoëls. Met die plat raam kry jy meer diere in die raam.
zoommore

'n Horisontale raam is perfek vir 'n trop rooibokke of swerm watervoëls. Met die plat raam kry jy meer diere in die raam.

Wanneer jy wilds­foto’s neem – of dit nou voëls, roofdiere of bokke is – moet jy altyd gou eers dink of dit die beste sal wees om die voorwerp horisontaal (“plat”) of vertikaal (“regop”) te raam.
Jou kamera voel die natuur­likste in jou hand wanneer jy hori­sontaal skiet. Dis hoekom die meeste foto’s “plat” geraam is. Dit staan bekend as die landskapformaat, want landskappe leen hulle dikwels tot dié formaat. In die volgende gevalle is horisontaal jou beste opsie.

1 Troppe diere:
’n Horisontale raam is perfek vir ’n trop rooibokke of swerm watervoëls. Met die plat raam kry jy meer diere in die raam.

2 ‘Familie’-kiekies:
Kleiner groepe diere (twee of drie) soos dié waaierstertmeerkatte vertoon goed in ’n plat raam. Kameelperde is natuurlik ’n ander storie.

3. Hei, ou grote: Die horisontale raam werk vir olifante, die meeste boksoorte en “dikker” voëls soos eende wanneer jy hulle van die kant af kiek.

Terug na fotografie | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Photogalleriesarchive

Staptoerusting

Sê ‘cheese’!

Lees meer


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek