Reiswenke

  • Kritieke oomblik

    Daai presiese sekonde wanneer alles binne jou raam perfek is... dís die kritieke oomblik, verduidelik Toast Coetzer.

  • Van die kant af soos Rembrandt

    Hoe neem jy wildfoto’s met die Rembrandt beligtingstegniek? Om mee te begin moet jy in die regte posisie wees...

  • Platgetrek

    Wanneer moet jy jou kamera regop draai om die foto te neem, en wanneer kan jy net mik en druk?
     

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!



Van die kant af soos Rembrandt


Ek het hierdie jagluiperd laatmiddag in Sabi Sands afgeneem. Kyk net hoe mooi tref die sonlig sy oog!
zoommore

Ek het hierdie jagluiperd laatmiddag in Sabi Sands afgeneem. Kyk net hoe mooi tref die sonlig sy oog!

Of jy nou kunsklas loop of meer leer oor portret-fotografie, een of ander tyd gaan jy kennis maak met die konsep van “Rembrandt-beligting” (nee, niks met sigaret aansteek uit te waai nie).

Volgens die kunstenaar Rembrandt was dit die beste beligting vir die skilder van portrette. Maar hoe neem jy wildfoto’s met hierdie beligtingstegniek?
Om mee te begin moet jy in die regte posisie wees. Wat jy nodig het, is kantlig, met ander woorde lig wat van die kant af op jou voorwerp val. Sit of staan sodat die son na die kant en effens agter jou is. Skaduwees word sigbaar op jou voorwerp, wat jou foto dramatieser kan maak.

En staan vroeg op! Die beste kantlig is in die eerste twee uur ná sonop en die twee uur voor sonsondergang. Die lig is sagter, war-mer en tref jou voorwerp teen ’n laer hoek – siedaar, Rembrandt-beligting!
Die skadukant van die dier sal steeds detail bevat, maar as jy te lank wag, word die skadu’s te donker en dan gaan van die detail verlore.
Ek het hierdie jagluiperd laatmiddag in Sabi Sands afgeneem. Kyk net hoe mooi tref die sonlig sy oog!

Terug na fotografie | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Photogalleriesarchive

Staptoerusting

Sê ‘cheese’!

Lees meer


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek