Geneem tydens ons toer saam met vriende gedurende Junie/Julie 2010 na Namibië en Kgalagadi. Hierdie foto is geneem net voor die hek van Mata-Mata op pad terug, net voor sononder. Die voertuig is die Swanepoels se Dicovery, en ek het sterk oorweeg om maar eerder ons Toyota Hilux in sy plek in te "photoshop"! Die kombinasie van laatmiddag son en baie stof het gesorg vir uitsonderlike kleur en kontras, dit was kompleet asof dit stof gereën het. Dit is geneem met 'n Nikon D90 en 'n 70-200 F2.8 Nikkor lens.
As jy registreer kan jy:










Kommentaar