Op Maandag 12 Julie het een van ons wit tierjies, Inesh, die sneeu op die Swartberge aangedurf. Nie net is die sneeu wat so laag gelê het vreemd vir ons Karoo-mense nie, maar ook die feit dat Inesh so lekker gespeel het in die sneeu. Dit was 'n eerste, die wit tier wat in die Karoo speel in die sneeu...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die Wes-, Oos- en Noord-Kaap asook die Vrystaat Donderdag nog sneeu kan verwag, terwyl daar vir Saterdag sneeu in die westelike dele van Kwa-Zulu-Natal voorspel word.
Verskeie passe in die Oos- en Suid-Kaap is die naweek gesluit as gevolg van swaar sneeu wat in die gebied geval het. Motoriste in die Suid-Kaap moes ompad soek nadat die Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prins Albert en die Potjiesbergpas naby Uniondale op die N9 Sondag vir verkeer gesluit is.
Al die passe behalwe die Swartbergpas is weer oop vir verkeer nadat dit vroeër dié week gesluit is as gevolg van sneeu.
Hier is foto's wat deur Weg-lesers ingestuur is.
Het jy sneeu-foto's wat jy met ons wil deel? Stuur dit na web@wegtydskrif.co.za
As jy registreer kan jy:










Kommentaar