Wanneer die son hoog sit, kan jy by Cubitje Quap soek vir swartrugaasvoëls.
Kommentaar
Kgalagadi: Nossob
Deur Villiers Steyn Gepubliseer op 12 Augustus 2012
Volgens die meeste ou hande was jy nog nie in die Kgalagadi as jy nog nie tent opgeslaan het in Nossob nie. Hier hoor jy leeus net so gereeld soos wat jy hulle sien...en jy sien hulle baie
Nossob is sonder twyfel die Kgalagadi se gewildste hoofkamp. En dis sinoniem met leeus, veral Ousus, die wyfie wat die natuurliefhebber en fotograaf Piet Heymans jare lank gevolg, afgeneem en verewig het in die boek Ousus van die Kalahari. Met my besoek het ek sewe uit die tien aande leeus hoor brul, en ses keer leeus in die veld gesien!
As jy na al die geriewe by Nossob kyk, is dit maklik om te verstaan hoekom die kamp so gewild is. Buiten ’n winkeltjie, vulstasie en swembad is hier ook ’n wandelpaadjie, groot inligtingsentrum en ’n slim ontwerpte skuiling wat uitkyk op ’n watergat waar ’n mens gereeld leeus te sien kry.
Nossob se winkeltjie het nou wel ’n skaflike verskeidenheid, maar jou beursie gaan hík as jy hier inkopies doen: R17 vir 1,5 liter water, R50 vir ’n blikkie Peaceful Sleep en R20 vir ’n pakkie Romany Creams. Bring dus maar saam wat jy kan.
Wat ek egter kán aanbeveel, is ’n vars brood (R20) of roosterkoeke (R5 elk) wat jy by ontvangs moet bestel. Nossob het nie selfoonontvangs of openbare telefone nie, dus sal jy nie jou ma kan bel nie.
Daar is wel krag by die kamp – ’n kragopwekker word gewoonlik tussen vyf- en sesuur soggens aangeskakel en loop tot tien- of elfuur saans.
Lees die volledige storie in die Augustus 2010-uitgawe van Weg (#70).
Kommentaar