'n Naweek of wat terug is ek en 'n vriend Switzerland toe. Ons het daar aangeland met net 'n gehuurde kar en 'n lus vir berge en buitelug. Ons het die hoofwee vermy sover ons kan, met 'n GPS wat skree in ons ore het ons toe besluit om die ook in 'n sak te pak. Ons wil berge sien, en ons dink nie die GPS sou ons vat waar ons op die oueinde beland het nie.
Die foto is geneem naby Grindelwald, 'n dorpie in die Jungfrau omgewing en agter Nicolaas is die welbekende Eiger. Dit is ONGELOOFLIK mooi, ongelukkig sal 'n paar foto'tjies nooit die mag en skoonheid van die natuur kan vasvang nie. Ons het probeer!
Kan ek net by-sê, dit was glad nie maklik om hom te kry om te 'pose' vir die foto nie....het my heel naweek gevat en eers die laaste dag was ek gelukkig genoeg om twee foto's te kon neem.
Kommentaar