Waar voëls baljaar


Rooikeelbyvreter.
zoommore

Rooikeelbyvreter.

Langstertglansspreeu.
zoommore

Langstertglansspreeu.

Reis en voëlskyk is twee van Werner du Plessis se passie. Daarom is die Pretorianer se Groot vyf 'n kombinasie van die twee.

1 Pafuri-kamp in die Krugerwildtuin
Het jy geweet jy kan in die Krugerwildtuin blyplek kry noord van die Punda Maria-ruskamp? Die Teba-kamp se gastehuis is op ’n koppie weggesteek, en daar is drie huisies wat 4-8 mense kan huisves. Teba is byna op die voorstoep van die polisiekantoor by die Pafuri-grenspos. Die meeste voëlkykers weet van dié plek. Van hier af kan jy tot by Crooks Corner ry en in die ooptes die geelvleknikator, watertrapper, witkop-kiewiet en visuil gaan soek. 
Kontak: Pafuri  011 257 5111; www.sanparks.org ; www.teba.co.za

2 Mapungubwe- nasionale park
Neushoringvoëls, geelbektrou-pante, papegaaiduiwe, drie-banddrawwertjies... dis maar enkele van die voëlspesies wat jy in dié Wêrelderfenisgebied kan sien. Gaan kyk ook na die nagapies op die wandeldek en waar die Limpopo- en Shasherivier saamvloei. Die oorblyfsels van “PW se seuns” – die kentekens van drie weer-mageenhede – is hier. Olifante, elande, klipspringers en ander wild is ook volop.
Kontak:  015 534 2014; www.sanparks.org

3 Ndumo-reservaat
Hierdie reservaat lê weggesteek op die grens tussen KwaZulu-Natal en Mosambiek. Almal jaag hier verby na Sodwanabaai of Ponta do Ouro. Ndumo is bekend vir sy voëllewe – 430 spesies is al hier aangeteken. Gaan soek ’n bosloerie, bloukruissuikerbekkie, konkoit, kuifkoptarentaal en bloukuifloerie. Tref voorsorg vir die malariamuskiete. Omdat dit so warm is, is dit die beste om in die hutte met lugreëling te bly. 
Kontak:  035 591 0004 of  033 845 1000;  www.kznwildlife.com.

4 Karoo- nasionale park
Die Groot-Karoo is ’n uitgestrekte stuk aarde. Jy kan deurjaag Kaap toe of hom probeer tem. Gaan kyk fos-siele, sit en drink die sonsondergang se stilte in of soek daardie ontwykende Kaapse ooruil, witkruismuisvoël, kaneelborssanger of klipkoester. Soek ook die hervestigde Kaapse buffels, swartrenosters en Kaapse bergsebras of van die kleiner diere soos die wangsakmuis – ja, kyk nou of jy hóm kan gewaar! 
Kontak: 023 415 2828; www.saparks.co.za 


5 Boesmansnek
Hierdie suidelike deel van die Drakensberg het my ’n  uitklophou gegee – die suiwer en blou lug, die groen veld, die mooi skoon water… Waar begin
’n mens? By jou voëlboek en ’n kamera? Nee, ry net rond of gaan sit stil en hulle kom na jou toe.
Die grondspeg, rooiborsjakkalsvoël, gompou en mahem is maar net ’n  paar van die voëls wat jy kan sien. Besoek die Sanipas op pad terug en wees op die uitkyk vir die baardaasvoël en lelkraanvoëls. 
Kontak: 033 701 1460; www.bushmansnek.co.za

terug na groot vyf | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 7 Januarie 2012 | 21:41:11

Arctiels like these put the consumer in the driver seat-very important.

Gelewer op 26 Maart 2011 | 15:05:14

Ons gaan gereeld 2 keer per jaar KNP toe veral in die suide , ek weet nie of ek dit my verbeelding is nie maar lyk of daar minder voels te sien is.Ek onthou in die verlede as jy na die voeltjies gekyk het dan sien jy wild wat jy verwag het nie! dit was altyd so interesant.Of het dit ook nou te doen met aardverwarming.Jammer as dit so is .Vra maar net. Ons nog steeds so bevoorreg en geseend om al die wild in ons land te geniet.geniet my weg elke maand kan nie wag nie!!!

Gelewer op 18 Augustus 2010 | 21:44:04

EK stem 110% saam met jou!!! Voëlkyk en fotografie is my passie ook! Die plekke wat jy genoem het is ook seker die top 5 plekke in Suid-Afrika om voëls te kyk. Ek het by die boesmansnek grenspos die rooibektiptol gesien. Ek het twee gesien, miskien is hulle 'n broeipaar daar. Suidelike swie is ook algemeen by die boesmansnek grenspos. Die karavaanpark, Silver Streams, wat by die grenspos is is PUIK! Dit is goedkoop en asemrowend mooi! Goeie werk! Let the lifers come rollin in!!! Francois du Plessis

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in









Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek