Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Stil strand: Hamburg (naby Oos-Londen)


Jy"s ook in visvangwêreld. Kry net ’n lisensie en onthou om so nou en dan "n steenbrassie terug te gooi. Dié vis raak skaars.
zoommore

Jy's ook in visvangwêreld. Kry net ’n lisensie en onthou om so nou en dan 'n steenbrassie terug te gooi. Dié vis raak skaars.

Die twee ouerige dames wat in die skaduwee van ’n lendelam menseredderstoel sit, lyk verbaas om my hier te sien. Die stoel se verf dop rooi, blou en geel vlokkies af en lê die strand vol soos confetti. Die hoë sitplek het duidelik lanklaas ’n lewensredder se agterent gesien.
    Ek wuif en hulle wuif terug, en dan wikkel hulle met ’n flink stappie strand-af. Jy kan sommer sien dis elke dag se storie.
   Dis hoe die strand hier op Hamburg op ’n Vrydagmiddag is. Nadat die twee vroue doer om ’n puntjie verdwyn het, is ek op my eie.
    Hier’s net sand, aalwyne en die onstuimige see wat die strand met die een skuimende wit brander ná die ander karnuffel.
 


’n Idols-beoordelaar sou sê Hamburg het die X-faktor. As jy vir iemand wil wys hoe ’n Oos-Kaapse vakansiedorp moet lyk, bring hom hiernatoe: Plaasbokke in die pad, ’n strooisel strandhuisies en ’n lang, oop strand.
    Net rondom Kersfees is hier vakansiegangers en dalk ’n mense-redder op die strand, en selfs dan is die strand nie naastenby vol nie. Op enige ander dag in die jaar sal die strand bykans verlate wees.

Maak toe


Jy sal nie sommer ’n roomysstalletjie hier kry nie, maar as jy daarvan hou om lang ente langs die see te stap, is jy op die regte plek. Ook as jy wil swem sonder dat iemand met ’n lilo oor jou ry. Die spruite kan wyd speel en sandkastele bou – hou maar net ’n ogie, want die see kan nogal omgekrap raak.
 

Maak toe


Jy vat die kronkelgrondpad wat uit die R72 tussen Port Alfred en Oos-Londen afdraai – dis 11 km tot by Hamburg.

Maak toe

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek