Maphelana, iSimangaliso-vleilandpark
Naby maar tog ver van St. Lucia – dis waarskynlik die beste manier om Maphelana se ligging te beskryf.
Al is dit soos die kraai vlieg naby St. Lucia, is dit maklik twee uur se ry met ’n bakkie. Die stamperige rit deur die duinewoud is die moeite werd, want dit skrik mense af om die tog na dié kampplek aan te pak. ’n Voertuig met goeie grondvryhoogte is egter belangrik.
Die kampterrein is in ’n kuswoud aan die voet van wat blykbaar die mees dig begroeide duine in die Suidelike Halfrond is.
Dit is ingedruk op ’n wiggie grond tussen die Swart Umfolozirivier en die see.
Daar is ’n paar mak duikers en rooibokke in die kamp, seekoeie in die rivier en baie voëls, soos visarende wat die kamp se klankbaan woema gee.
Weg sê: Snuffel op die strand vir kluisenaarskrappe en klim die duin!
Inligting
Waar? Draai tussen Empangeni en Mtubatuba van die N2 af en ry 50 km.
Geriewe: 45 staanplekke, warm storte en skottelgoedwasplek.
Prys: Volwassenes R60; 3- tot 12-jariges R30. Buite seisoen R55 en R27,50.
(Nota: Pryse akkuraat in Februarie 2009)
Kontak: 035 590 1407; 033 845 1000; www.kznwildlife.com
Terug na bestemmings | Terug na bo





















Kommentaar