Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Augrabies-waterval


Die nuwe loopplanke by Augrabies (inlas) is in 2006 gebou. Jy kan nou makliker by die uitkykdek oor die hoofwaterval kom.
zoommore

Die nuwe loopplanke by Augrabies (inlas) is in 2006 gebou. Jy kan nou makliker by die uitkykdek oor die hoofwaterval kom.

’n Paar jaar gelede was letterlik al wat tussen die Augrabies-waterval en sy besoekers gestaan het, ’n lendelam draadheining. Net een bier te veel en jy kon 56 m ver val – en gratis ’n eenrigtingkaartjie in die Oranje af kry, Atlantiese Oseaan toe.
    Die selfsorgblyplek was soos ’n museum uit die jare sestig – jy kon byvoorbeeld nie staatmaak op ’n mikrogolfoond in die kombuisie nie. Dit het gevoel of jy op die vlaktes duskant Hebron sit.
Maar nie meer nie. Dié nasionale park is steeds vrekver van alles af – meer as 900 km van Johannesburg of Kaapstad – maar dit word al hoe gewilder onder mense wat na Namibië of die Kgalagadi-oorgrenspark reis.
    Om munt te slaan hieruit het Sanparke ’n paar skrynwerkers en verwers ingestuur. Die lendelam heininkie is weg; dis in 2006 vervang met ’n netwerk van plankpaadjies en rolstoelvriendelike uitkykdekke – en die chalets is reggeruk en mooigemaak. Verlede jaar is ses nuwe chalets gebou.
    Die res is nog dieselfde. Om die Oranjerievier in die smal ravyn te sien (en hoor) afbulder, is steeds indrukwekkend. Dis dié klank in ’n andersins doodstil landskap wat die waterval sy naam gegee het: Aukoerebis, die “plek van geraas”.
    Sononder is die beste tyd om te kom kyk. Vat jou tyd.

Moet ons oorslaap? Die waterval is op sy mooiste met sonop en sononder. Die beste plan is om ’n dag te bly en twee nagte oor te slaap – hier’s stap- en bergfietsroetes én wild.
Koste: ’n Kampeerplek vir ses mense kos R130 vir die eerste twee en daarna R42 per volwasse en R21 per kind. Chalets kos tussen R525 en R1 246, afhangende van die tipe hut en die aantal mense. En tensy jy ’n Wild Card het, moet jy ook ’n bewaringstarief van R19 p.p.p.d. opdok.
Kontak: 054 452 9200; www.sanparks.org/parks/augrabies

Weg sê:
Gaan wag met sonsondergang op die uitkykdek totdat die sonstrale die koppies mooi rooi kleur. Gebruik ’n stadige sluiterspoed om die water wasig te maak.

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek