Sanparke se bestes in die Noord-Kaap


Omring jou met doleriet-koppies en kyk hoe breek ’n wintersmôre aan in Mokala buite Kimberley.
zoommore

Omring jou met doleriet-koppies en kyk hoe breek ’n wintersmôre aan in Mokala buite Kimberley.

Gaan kyk na die kleurryke blommetjies van Namakwaland.
zoommore

Gaan kyk na die kleurryke blommetjies van Namakwaland.

1.Augrabies-waterval
Gaan luister hoe die Groot Gariep luidkeels 56 m ver oor die Augrabieswaterval stort. Stap tot by Maanrots, Swartrant, Oranjekom en Ararat. Hoor jou eie stem by Eggohoek en bekyk die dassies.
Kyk hoe naby die klip-springers aan mense kom en luister na die roep van die visarende.
Kontak:  05...; augrabies@sanparks.org

2.Namakwa
Gaan kyk na die kleurryke blommetjies van Namakwaland. Bly in een van die hutte in die Skilpad-ruskamp buite Kamieskroon en waardeer die ooptes en vrede van dié plek. Geniet die soort Afrikaans wat die mense van hierdie kontrei praat, selfs al het die blomme lank reeds verwelk.
Kontak:  027 672 1948 ; elanzavl@sanparks.org

3.Mokala
Omring jou met doleriet-koppies en kyk hoe breek ’n wintersmôre aan in Mokala buite Kimberley.
Soek vir die skaarser diersoorte soos die swart-renoster, swartwildebees, tsessebe en bastergemsbok. Gaan bly in ’n spoggerige kamp soos Mosu, Lilydale of Mofele. Vat jou sterre-kykboek saam, gaan bly in die enigste hut in die Haak-en-steek-ruskamp en verken een laatnag die oop winterhemel van die Noord-Kaap.
Kontak:  053 204 0158 ; heing@sanparks.org 

4.Ai-Ais-Richtersveld
Gaan kyk na waar die halfmens en kokerboom om die beurt oor die barre maanlandskap van die Richtersveld wag hou.
    Oornag of kampeer in plekke soos Sendelings-drif, Ganakouriep, Tatasberg en Potjiespram.
    Beleef die 50 °C in die somer – en verwonder jou as die Malmokkies (die vroegoggendmis) van die Atlantiese Oseaan vir elke dorstige skepsel sy deel kom gee.
Kontak:  027 831 1506 ; richtersveld@sanparks.org

5.Kgalagadi
Loop kaalvoet in een van die ruskampe en voel die Kgalagadi se sagte, warm sand tussen jou tone.
    Oornag in Bitterpan, Urikaruus, Kieliekrankie of Gharagab. Besluit self wie van die gemsbok of die swart-maanhaarleeu werklik die koning van die duine is.
En gaan ry langs die droë rivierbeddings van die Nossob en Auob.
Kontak:  054 561 2000 ; kgalagadi@sanparks.org

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek