Doornkraal, Ithala-wildreservaat
Naby Louwsburg, KZN
Party mense hou van ’n bedrywige kampplek waar hulle met die bure oor die braaivleisvuur kan klets.
Ander verkies ’n afgeleë plek soos Doornkraal, waar net twintig kampeerders toegelaat word. Gaan koel af in ’n syloop van die Thalurivier; dis loshande prettiger as ’n kouewaterstort. Die toilet is “oopplan”; kamp dus ’n veilige ent van daar af.
Weg sê: Doornkraal is 24 km van die Ithala-hoofhek af; maak dus seker jy kom ’n paar uur voor donker aan.
Inligting
Terug na bestemmings | Terug na bo





















Kommentaar