Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Kampplek: Augrabieswaterval- nasionale park


Dié waterval is slegs vyf minute se stap van die kampterrein af.
zoommore

Dié waterval is slegs vyf minute se stap van die kampterrein af.

Sodra jou tent in dié skaduryke kampterrein opgeslaan is, gaan kyk na die waterval – dit is net vyf minute se stap. Dis wanneer jy besef die ure agter die stuur was die moeite werd (dis ’n behoorlike dag se ry van Johannesburg of Kaapstad af). Dis asemrowend om te kyk hoe die Oranjerivier 56 m in die skeur tuimel. Houtloopplanke bring jou tot digby die waterval, wat teen sononder of sonop op sy mooiste is. – Ilan Ossendryver

Weg sê: Dis in die hartjie van die woestyn. Die winterdae is dus warm, maar snags is dit bibberkoud.


Waar?
30 km wes van Kakamas langs die Oranjerivier.

Geriewe: 40 plekke met krag. Gemeenskaplike kombuis en wasgoedkamer.

Prys: R130 per staanplek vir 2 mense; ekstra volwassenes R42 elk; kinders R21. Maksimum 6 mense per staanplek.

Kontak:  054 452 9200 of Sanparke- sentrale besprekings  012 428 9111; www.sanparks.org.za

Maak toe


• Vermy teleurstelling en bespreek jou plek vooraf. Die beste staanplekke raak gou vol, veral tydens skoolvakansies.

• Jy hoef nie jou kamptoerusting op een slag te koop nie. Doen ’n paar naweekkampe en vul dit mettertyd aan.

• Registreer jou by: www.weathersa.co.za vir sewedae-voorspellings. ’n Gazebo gee skaduwee en beskut jou in reënweer.

Maak toe

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 28 Julie 2011 | 14:03:17

Wil vroeg in September by Augrabies gaan oorkamp vir 'n nag of twee. Moet ek tant of woonwa? Baie dankie vir die "tips" Groetnis Giel

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek