Gedragskode vir kampeerders
Bestaan daar iewers 'n gedragskode vir kampeerders?
Hier is 'n stel van 11 reëls wat die Kaokoveldkenner wyle Jan Joubert opgestel het.
- Wat jy oopmaak, maak jy weer toe.
- Jy mag nie ander mense se rus versteur nie. Dit is na 22:00 stiltetyd vir almal. Jy mag nie raas of jou voertuig voor 6:00 soggens pak nie. Jy mag nie harde musiek speel nie.
- Parke of bewaringsgebiede se regulasies moet gerespekteer en toegepas word.
- Tree hoflik en welwillend teenoor mekaar op.
- Jy mag plante op geen manier beskadig nie.
- Jy mag onder geen omstandighede wilde diere voer of tart nie.
- Neem dit wat jy ingebring het, saam en stort dit slegs waar ’n amptelike stortingsterrein is. Vullis mag nie begrawe word nie.
- Menslike ontlasting en papier mag nie onbedek gelaat word nie, maar moet met ’n graaf begrawe word. Papier mag nie aan die brand gesteek word nie.
- Jy mag nie water, fonteine of riviere met seep besoedel nie.
- Gebruik brandhout spaarsaam. Jy mag nie boomstompe met jou 4x4 nadersleep vir vuurmaak nie.
- Respekteer die plaaslike bevolking se gewoontes en tradisies.
Wat dink jy is goeie (of slegte) kampmaniere? Laat hoor asseblief per e-pos (web@wegtydskrif.co.za) of gesels saam op die forum.
Terug na bestemmings | Terug na bo
Gelewer op 18 Julie 2009 | 20:52:40
Hi Bun, Goeie idee wat jy het oor die kampreëls, maar ek dink nie daar sal iets van kom nie. Hierdie onderwerp is al reeds bespreek so 'n paar jaar terug in Wegry (ook op die forum). In 2005 het ek en my vriend Kaudom besoek, wat volgens alle artikels een van die afgesonderste plekke in Suider Afrika sou wees. Twee uit die drie aande het ons na 'n generator ('n lekker grote wat lekker lawaai man, ons is mos in die bos) en dronkgat Suid Afrikaners wat darem maar so lekker partytjie hou geluister. My vriend (Johan Zwiegelaar) het 'n brief daaroor geskryf, en die gevolg was 'n histeriese reaksie: hoe durf ons "vuurstaarders" aandring op bietjie stilte, die ou kindertjies leer dan nou so mooi van die natuur (ja raait, met so 'n goeie voorbeeld nê). Ek sien die moontlikheid bestaan dat selfry voertuie binnekort in Botswana se parke miskien heeltemal verbied gaan word. Wonder wie moet ons bedank daarvoor? Namibië is klaar feitlik onbekostigbaar. Zim sal seker volg as dinge daar begin regkom. Maar ai, moet tog net nie aandring op konsiderasie vir jou medekamper of die natuur nie, dan is mens mos die vark in die verhaal. My pa het altyd gesê: "Daar is 'n tyd en 'n plek vir alles". Is die afgeleë wildernis gebiede nou rêrig die plek vir jou generator, dronkgat partytjies en raserige kjinnertjies? Nie eers die KNP is so raserig soos sommige sg. afgeleë plekke nie. Maar nou ja, genoeg mond uitgespoel. Voorspoed in elk geval. ek sal kampreëls ondersteun. Arrie warrie, C






















Kommentaar