Swemplek: Ganora-gasteplaas, Nieu-Bethesda, Oos-Kaap


Moet net nie vir te lank lê en bak op die warm sementwal nie – dalk kom pik die kraaie aan jou sproete.
zoommore

Moet net nie vir te lank lê en bak op die warm sementwal nie – dalk kom pik die kraaie aan jou sproete.

’n Plaas het nie ’n swembad nodig nie, want iewers is daar óf ’n gronddam (vir die dapperes, want dalk trap jy op ’n waterskilpad) óf ’n lekker sementdam waarin jy kan afkoel wanneer die Desemberhitte die plafonne laat kraak. Ganora se sementdam word mooi skoon gehou (die skape moet die water drink, sien), dus sal jy nie twee dae later paddaslyk uit jou hare hoef te kam nie. En daar is ’n staalleer wat jou help om maklik in en uit te klim. Vir die hardebaarde is daar ’n gronddam by die huis en rivierpoele in die Wilgerivier, maar dis sowat 1½ uur se stap (jy kan nader ry).

Wat kan ek nogdaar doen? Ganora is een van die Nieu-Bethesda-distrik se beste gasteplase. Hulle het ’n ongelooflike private versameling fossiele uit die omgewing en jy kan stap, voëls kyk, bergfiets ry of na Boesmantekeninge kyk. Jy kan jou hele vakansie hier deurbring, maar dis ook ’n lekker oornagplek as jy van Gauteng af op pad is Tuinroete toe.

Hoe kom ek daar?  As jy vanGraaff-Reinet af op die N9 Middelburg toe ry, draai links by die tweede
Nieu-Bethesda-bordjie. Ganora is 20kmverder aan die linkerkant.

Koste: Begeleide museumtoere (fossiele en artefakte) kos R35 p.p. en R17 vir kinders onder 13 jaar (en ná die tyd kan jy verniet gaan swem). As jy wil oorslaap, kos dit vanaf R340 p.p. wat deel (bed en ontbyt). Daar’s ook ’n selfsorgkothuis wat R780 p.n. (6 mense) kos – lekker vir ’n groot
gesin. Dagbesoekers is welkom.

Kontak: 049 841 1302 (Hester); info@ganora.co.za; www.ganora.co.za

Weg sê:
Moet net nie vir te lank lê en bak op die warm sementwal nie – dalk kom pik die kraaie aan jou sproete.

(Nota: Prys akkuraat in Desember 2010)

Kliek hier vir 'n multimedia greep van Weg se 10 Super-swemgate.

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek