Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Khomas Hochland


Die Spreetshoogtepas, met "n uitsig oor die Namibwoestyn, is een van Namibië se mooiste passe. Daar is twee piekniekplekke op die kruin - en heelwat haarnaalddraaie. Los maar die woonwa en die Ventertjie by die huis.
zoommore

Die Spreetshoogtepas, met 'n uitsig oor die Namibwoestyn, is een van Namibië se mooiste passe. Daar is twee piekniekplekke op die kruin - en heelwat haarnaalddraaie. Los maar die woonwa en die Ventertjie by die huis.

Namibië is nie juis bekend vir sy bergpasse nie. Dink ’n mens aan die Dorsland, doem daar eerder plat, uitgestrekte vlaktes voor jou op.

Maar as jy ’n goeie kaart fyn bekyk, sien jy daar is inderdaad ’n klompie lekker (en soms rowwe) passe: Divorcepas, Brandberg-Wespas, Joubertspas, Sesfonteinpas, en waarskynlik die moeder van almal, Vanzylspas.

Dan is daar natuurlik ’n swetterjoel grondpadpasse wat van die Khomas Hochland, die sentrale plato wes van Windhoek, van ’n  hoogte van tot 2 500 m bo seevlak afdaal na die Namibwoestyn en die kus.

As jy wil, kan jy ses grondpadpasse tussen Windhoek en die Namib ry, en nóg twee sommer vir die lekker:
• Die mak Kupferbergpas op die C26 net buite Windhoek is een van die toegangsroetes na die Khomas Hochland.
• Die C28 oor die Bosuapas is die kortste (maar nie die vinnigste nie) roete van Windhoek na Swakopmund, én dis een van Namibië se steilste passe.
• Die D1982 via die Ushoogtepas is die kortste roete tussen Windhoek en Walvisbaai.
• Die Gamsbergpas op die C26 tussen Windhoek en Walvisbaai is die hoogste en langste pas en kyk uit oor Namibië se eie Tafelberg.
• Die Spreetshoogtepas op die D1275 is nog ’n lekker steile en word dikwels bestempel as die Namibiese pas met die mooiste uitsig.
• Verder suid kronkel die Remhoogtepas op die D1261 tussen Windhoek en Solitaire.
• Op die C14 tussen Solitaire en Walvisbaai is die Gaub- en Kuisebpas. As jy al Henno Martin se Vlug in die Namib gelees het, sal jy veral die Kuisebpas geniet.
Jy kan dié passe een-een verken op ’n gemaklike vyf tot ses uur lange dagrit van Windhoek af. Jy kan kortpad kies kus toe en van die teerpaaie af bly, of jy kan hulle een na die ander ry en ’n vakansie daarvan maak. 

* Die volledige artikel “Op berge en in dale” het in die Februarie-Maart 2009-uitgawe van  WegRy verskyn.

Terug na Namibië | Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 12 Oktober 2010 | 17:10:19

Wens ek kan die artikel in Wegry lees! Francois du Toit

Gelewer op 14 Julie 2010 | 10:09:39

Weg se Jon Minster sê: Ek het in 2007 laas dié pad gery, so ek weet nie hoe dit nou is nie. Dit was 'n relatiewe goeie grondpad en 'n 4x2 en 'n boswaentjie kon dit maklik ry. Skakel 00 264 61 285 7200 (Windhoek) om navraag hieroor te doen. Groete Die webspan

Gelewer op 13 Julie 2010 | 12:04:12

Kan iemand dalk vir ons se hoe is die pad tussen Ai-Ais en Sendelingsdrift en kan mens dit met 'n 4x2 ry met 'n boswaentjie, wil bietjie gaan toer en wil vanaf Langstrand na Ai-Ais ry en daarvandaan na Sendelingsdrift oorgaan na SA.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek