Langs die pad
Rasta, Zebra, Freedom, Sersant, Merrie, Hans, Duiwel, Vaalie en Ou Blou – nee, dis nie die name van die Griekwas se vaste vyf en hulle vrouens nie. Dis donkiename.
Donkiekarre sien jy oral in Namibië. As jy tyd het, stop gerus by een en knoop ’n geselsie aan. Deel dalk jou water of sak appels met die mense – hulle sal jou meer van die omgewing kan vertel as enige brosjure.
En as jy net verbyry, ry stadiger sodat jy nie te veel stof opskop nie, want donkiekarre het nie lugreëling nie...
Terug na Namibië | Terug na bestemmings | Terug na bo






















Kommentaar