Slaan jou oë op na die hemel
As jy nog meer oor die flonkerende liggies bo jou kop wil leer: Vanjaar is Internasionale Sterrekundejaar. Hou die webwerf www.astronomy2009.org.za dop vir al die gebeure wat beplan word.
By die Kaapstadse Planetarium kan jy elke Saterdag en Sondag om 1 vm. leer om die naglug te vertolk. Dit kos R20 vir volwassenes en R6 vir kinders. Die Johannesburgse Planetarium bied ’n inleidende kursus tot sterrekunde (vier lesings van twee uur elk) wat verlede jaar slegs R160 gekos het.
Hou die webwerf www.planetarium.co.za dop vir 2009 se datums.
Weg sê: Sterre is oral en dit kos jou niks om op die gras te lê en kyk nie.
Terug na bestemmings | Terug na bo



















Kommentaar