Staan op Afrika se dak
Wanneer jy in die hysbak van die Carlton-sentrum in Johannesburg klim, en jy druk die knoppie 50 - Top of Africa, skiet jy só vinnig boontoe dat jou ore toeslaan. Die Carlton is op 222 m die hoogste gebou in Afrika en van hier af het jy ’n onbelemmerde uitsig oor die middestad, mynhope, snelweë en die Goudstadse voorstede.
Waarheen gaan ek? Draai by die ondergrondse parkeerterrein in Smalstraat in. Die hyser na die boonste verdieping is op vlak 100 langs Standard Bank. Vra ’n veiligheidswag om saam met jou te stap as jy onveilig voel.
Koste: R8 vir volwassenes, R4 vir kinders onder 12
Tye: Daagliks van 8 vm. tot 7 nm.
Kontak: 011 308 1331
Terug na bestemmings | Terug na bo



















Kommentaar