Kamp in ’n provinsiale park


As getroue belastingbetaler sal jy laf wees as jy nie ’n slag in een van ons fantastiese (en goedkoop) provinsiale reservate gaan kampeer nie.
Vat nou maar Cape Nature se Anysberg-reservaat in die Klein-Karoo tussen Laingsburg en Ladismith, waar jy behoorlik van al jou bekommernisse kan ontsnap. Jy kan perdry, in ’n dam swem, in die berge stap en fietsry en vetplantjies bewonder. Dit alles vir net R100 per nag vir jou gesin. Katjieng!
Of die Oos-Kaap se lieflike Dubbelmond-reservaat aan die Wildekus: R87 per gesin van vier per nag. Buite Cradock vra die Kommandodrif-reservaat maar R76 per staanplek per nag (vir vier mense) langs die dam.
Limpopo se provinsiale parke vat egter die koek: plekke soos Nylsvley kos R50 per staanplek waar ses mense kan slaap! www.golimpopo.com

 

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante stories

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek