Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Zambië se geil noorde


Die Bangweulu-vloedvlaktes word oorstroom tydens die reënseisoen, maar ons was daar net so "n maand voor die ergste reën.
zoommore

Die Bangweulu-vloedvlaktes word oorstroom tydens die reënseisoen, maar ons was daar net so 'n maand voor die ergste reën.

Webby Mwewa, ons gids by Kasanka, het saamgery tot by die tuisdorp van Chiundaponde. Hier’s hy by sy vrou (links) en suster (regs).
zoommore

Webby Mwewa, ons gids by Kasanka, het saamgery tot by die tuisdorp van Chiundaponde. Hier’s hy by sy vrou (links) en suster (regs).

Van Kasanka af (sien “Vlermuisvuurwerk!” in Weg #65, Maart 2010) ry ons verder noord na die Bangwuelu-vloedvlakte. Dis padlangs minder as 200 km tot daar (verby die Livingstone-monument), maar dis ’n taai 200 km wat jou ’n hele dag neem om te ry.

Eers ry ons na die dorpie Chipundu, waar die Livingstone-monument staan. David Livingstone het op 1 Mei 1873 hier gesterf en sy hart is hier onder ’n boom begrawe. Sy twee getroue kamerade, slegs bekend as Susi en Chuma, het sy lyk ingesout, in ’n boomstomp versteek en dit tot in Bagamoyo aan die Tanzaniese kus gedra. Dit het hulle nege maande geneem. Van daar af is Livingstone se oorskot Engeland toe verskeep waar hy in 1874 in die Westminster-adby ter ruste gelê is.

Ons eet middagete in wat oor is van die kampterrein by Lake Waka Waka (nee, dit behoort nie aan Ferdinand Rabie van Big Brother-faam nie...). Dis voorheen deur die Kasanka-trust bestuur, maar die plaaslike hoofman het nie hulle kontrak hernieu nie en nou lê die plek braak.
Dan draai ons noorde toe, met ons visier eers op Chiundaponde en dan Shoebill Camp op die Bangwuelu-vloedvlakte. Ons ry selde vinniger as 20 km/h; die pad is nou en oral is mense, hoenders en slaggate – party vol reënwater.

Die laaste 50 km is genoeg om ’n mens te knak.
Die lug is vol weerlig en reën, maar ons haal gelukkig die kamp voordat die eerste druppels val. Dis nou Desember; teen Januarie kan jy nie tot by Shoebill ry nie – jy parkeer jou voertuig by die hek en dan word jy per boot tot by die kamp gebring.
Ons is uitgeput en besluit om nie te kamp nie. Vanaand maak ons ons tuis in ’n safaritent.
Die volgende oggend vra ek die gids uit oor die skoenbekooievaars wat hier op die Bangwuelu-vloedvlakte voorkom. Dit is een van die beste plekke om dié sonderlinge voëls, ’n grys knewel van 1,2 m met ’n breë snawel wat lyk soos ’n Hollandse houtklomp, te sien. Dis trouens hoekom ons hier is.
Hy skud net sy kop. Ongelukkig is die beste tyd om hulle te sien die droë seisoen; dié tyd van die jaar is hulle te ver van Shoebill Camp af. Ons kan ’n kans waag en 12 uur deur papirus en moeras ploeter en dan miskien een sien...

Ons het net een dag hier in Bangwuelu en besluit om eerder te gaan wildkyk.
Duisende swart lechwes wei op die vloedvlakte. Hier sien jy dertig, daar veertig, daar honderd… en doer op die horison nog vele troppe wat in die hitte bewe. Ons sien ook ’n hand vol sebras en ’n paar honderd tsessebes.
Daar’s geen ander mense by Shoebill nie (die meeste gaste vlieg in van Kasanka af) en ons slaan ons tentjie op vir die aand. Nou en dan plas lechwes deur die rivier – die waters is aan die kom en Shoebill sal binne weke ’n eiland wees. Vissermanne kom en gaan deur die middag. Ek hou hulle deur die verkyker dop wanneer hulle die net uittrek. Net so 15 klein vissies word uitgehaal.
Daardie aand bly die reën weg, doer op die horison, en ons kuier tot laat om die kampvuur. Oral in die lang gras om ons sien ons vonke in die duisternis. Vuurvliegies!

Hoeveel kos dit? Daar’s geen toegangsgeld by Bangweulu nie.
Verblyf: ’n Safaritent by Shoebill Camp kos R402 p.p.p.n. en kampering R76.
Etes: Jy moet vooraf bespreek as jy maaltye by Shoebill wil hê. ’n Lekker aandete kos so R104.
Aktiwiteite: ’n Gids by Shoebill kos R160 per groep, maar as jy spesifiek die skoenbekooievaar wil gaan soek, dan kos dit R261 p.p. Bootritte kos R131 p.p.
Kontak:  www.kasanka.comtrust@kasanka.com

Nota: Pryse soos teen einde 2009 – gebruik bloot as gids.

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek