Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Durban: Lekker strande


Rondom Durban is "n hele paar stil strandjies, soos Thompsonsbaai by Ballito, waar Alexia Baladakis en haar kleinsus heerlik sandkasteel bou.
zoommore

Rondom Durban is 'n hele paar stil strandjies, soos Thompsonsbaai by Ballito, waar Alexia Baladakis en haar kleinsus heerlik sandkasteel bou.

By  Thompsonsbaai is ’n heerlike getypoel, Charlie se Poel, met daarnaas ’n miniatuur-weergawe van die bekende Hole in the Wall in die ou Transkei. Met laagwater kan jy deur dié gat stap op pad Willardstrand toe. Rondom Charlie se Poel lê ’n rits kleiner rotspoele op nuuskierige kinders en wag.

Waar?
By Ballito, 30 km noord van Durban. Ry met Ballito-rylaan tot by die strand. Parkeer in Ocean View-rylaan. Stap met die plankiespad tot by Thompsonsbaai.

Weg sê: As julle moeg in die water gebaljaar is, stop op pad terug by die Waterberry-teetuin op die hoek van Dolphinsingel en Leonora-rylaan en proe die nougat-kaaskoek. Dodelik.

Nog lekker strande

uShaka
Wat kan ek hier doen?
Vetch se pier skei uShaka-strand van die hawe. Met sy rustige branders is uShaka ideaal vir snorkelduik, kajakroei en branderry.
Waar? Reg voor uShaka Marine World. 

Umdloti-strand
Wat kan ek hier doen? Jy kan myle ver op die strand perdry.
Waar? Sowat 7km noord van Durban se middestad. Neem die Umdloti-Verulam-afrit van die N2 af. Draai sowat 100 m verder op die eerste grondpad links af en volg die padbordjies na Umdloti Beach Stables.
Koste? R250 p.p.
Kontak: 084 284 0464 of 031 568 2024

Bay of Plenty
Wat is hier te doen?
Kyk hoe mense op die strand vlugbal speel terwyl jy ietsie kouds by Beach Café geniet.
Waar? Net noord van Noord-strand op die Durbanse seefront.
 


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek