Wieg van die Mensdom: Maropeng

Die Maropeng-museum is, heel gepas, meestal ondergronds. Dié interaktiewe tentoonstelling gaan oor die besonderse eienskappe wat mense uniek maak.
Maropeng, wat in Tswana “terugkeer na die plek van oor-sprong” beteken, is ’n enorme ontwikkeling: in kort ’n museum oor die mensdom.
Maropeng 101
Waar is dit? Die Sterkfonteingrotte is op die Sterkfonteingrotpad wat uit die R563 (die Hekpoortpad) draai. Maropeng is 9 km verder, langs die R400, ook uit die R563.
Die GPS-koördinate is: Sterkfontein S26 01 06.1 E27 43 57.3; Maropeng S25
58 09.8 E27 39 40.8. Of kyk by www.maropeng.co.za en laai die (effens verwarrende) kaart af. As jy regtig sukkel, bel 014 577 9000.
Hoeveel kos dit? Sterkfonteingrotte en Maropeng: R95 vir volwassenes, R55 vir kinders o.14 en R65 vir pensioentrekkers (by Sterkfontein sluit die kaartjieprys ’n begeleide toer in). Of koop ’n gesamentlike kaartjie (slegs tot 1 nm.) vir toegang tot al twee: R150 vir volwassenes en R90 vir o.14’s. By Sterkfontein kan jy gratis parkeer, maar by Maropeng kos dit R10.
Hoe lank duur dit? Sit minstens 2 uur opsy vir Sterkfontein en nog 2 uur vir Maropeng.
Tye: 9 vm. tot 5 nm., 7 dae per week.
Eetplekke: Die Tumulusrestaurant by Maropeng se Sondagbuffet is gewild – R110 vir volwassenes, R75 vir kinders o.12. As die son skyn, is dit heerlik op die dek.
Kontak: 014 577 9000, www.maropeng.co.za
(Let wel: Pryse akkuraat vir Desember 2009)
Lees die volledige storie:
Terug na bestemmings | Terug na bo
Gelewer op 13 Maart 2010 | 11:15:50
Hi, ons was net so opgewonde om na aanleining van die artikel beide Maropeng & Sterkfontein te gaan besoek. Die toegangsgelde het reeds op 1 Januarie 2010 opgeskuif na R105.00 vir volwassenes vir toegang tot Sterkfontein Grotte en R105.00 vir toegang tot Maropeng, of 'n kombinasie kaartjie om beide te besoek teen R175.00. Dis nie vir ons die moeite werd nie, en bring ons terug by die ou vraag: Hoekom moet Suid Afrikaners dieselfde betaal as oorseese besoekers? Ons sal nou maar met die fotos tevrede wees. Casper & Ilze van Wyk Pretoria
Gelewer op 24 Februarie 2010 | 16:21:31
Na julle rubliek het ek en my vriendin dadelik oornag verblyf gereel en deurgery Hekpoort toe , die toegang by die Sterkfontein grotte is R 175.00 ( Maropeng ingesluit) en ons het omtrent gewag dat die kaartjieverkoper eers sy persoonlike oproep klaar maak om ons baie traag daarna te help . Ons toer deur die grotte was presies 56 minute , maar die gids was heel vriendelik en behulpsaam ( maar res van personeel nie regtig uit hulle pad gegaan om ons te help nie . Maropeng was n groot verassing , behalwe nou vir die hordes skoolkinders , almal baie behulpsaam en vriendelik en die gebou regtig iets om te beskou . Persoonlik sal ek glad nie iemand verwys na die Sterkfontein grotte toe nie , my eerste indrukke was glad nie goed nie. Groete Suria Odendaal





















Kommentaar