Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Roete: R712 deur Golden Gate


Proteahoek is een van 11 uitkykpunte in Golden Gate met "n lieflike uitsig.
zoommore

Proteahoek is een van 11 uitkykpunte in Golden Gate met 'n lieflike uitsig.

Net mooi wanneer jy by die Brandwag-rotsformasie kom, begin die Lichenspas. Regoor die rotsformasie is die reservaat se hotel, wat tans opgegradeer word. Dit behoort in Maart 2010 klaar te wees.
zoommore

Net mooi wanneer jy by die Brandwag-rotsformasie kom, begin die Lichenspas. Regoor die rotsformasie is die reservaat se hotel, wat tans opgegradeer word. Dit behoort in Maart 2010 klaar te wees.

Die Oos-Vrystaatse natuurskoon vra dat ’n mens nie jaag nie. Begroot ’n ekstra dag en geniet die ongelooflike sandsteenwêreld.

Clarens self bied baie om te sien. Eet by een van die heerlike restaurante, krap rond in die winkels of beproef van die avontuursport wat hier aangebied word (soos die witwaterroei op die Ashrivier deur Clarens Xtrememewww.clarensxtreme.co.za – R400 p.p. vir ’n halfdag). 

Verder is die R712 heerlik en jy ry boonop deur ’n nasionale park. Dis beslis die moeite werd om tyd om opsy te sit om veral in die swempoel rond te plas – dit raak mos in die somer bitterlik warm in hierdie wêreld. 

Buiten dié stuk pad kan jy ’n  draai gaan maak by Ficksburg, Suid-Afrika se kersiehoofstad. Dis ook ’n grenspos Lesotho se kant toe – pak dus jou paspoort in as jy beplan om van jou toer ’n internasionale vakansie te maak.

Klik hier vir die roetekaart

In 'n neutedop


Clarens
Die Highlander
- Slaan gerus jou tande in die Fiona's Classic-pizza - 'n middelslag een kos R48. dis heerlik
Waar? Aan die oostekant van die dorpslein, op die hoek.
Kontak: 058 256 1912

The post house - Heerlike ontbyt (ook ligte middagete en aandetes) Die salm-en-roereier ontbyt vir R45 is 'n goeie keuse.
Waar? Hoofweg
Kontak: 058 256 1534

Clarens-brouery - Laai gerus 'n paar bottels in vir die res van die vakansie aan die Suidkus...
Waar? Ooorkant The Highlander
Kontak: 082 901 4700
www.clarensbrewery.co.za

Red mountain house - 'n Lekker plek om te bly. Steve Roy, 'n verloopte Brit, is die gasheer en jy het 'n mooi uitsig oor die berge. Vanaf R350 p.p.p.n.
Waar? Net af in die straat van The Highlander, langs die dorpsplein
Kontak:058 256 1456

Golden Gate Nasionale Park
'n Staanplek met krag kos R135 vir vir tot 6 mense. Hier is ook staproetes om jou besig te hou
Waar? Op die R712, sowat 17,3km van Clarens af in die rigting van Harrismith.
Kontak: 058 255 1000; www.sanparks.org.za

Sterkfonteindam - Natuurreservaat
Kom vang vis of ski op die dam
Waar? Op die R712, sowat 24km van die Golden Gate se hek (aan die Harrismith-kant ) af.


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 1 Desember 2011 | 11:33:34

So etxcied I found this article as it made things much quicker!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante stories

Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek