Jy kry nie sommer in die wildtuin (of enige ander plek...) 'n rondawel wat beter geleë is as dié een in Olifants nie. Dis aan die voorkant van kamp en kyk uit oor die rivier.
Van jou rondawel af kan jy maklik 'n trop olifante in die rivier sien speel.
As jy net vir een kamp in die wildtuin tyd het, kies Olifants of Balule. Dié twee lê tussen die wildryke suide en die ruie mopanieveld met sy baie olifante in die noorde.
Balule 101
En as ek nie kamp nie?
My gunstelingrondawels in die wildtuin is dié op die rand van die Olifantskamp wat oor die rivier kyk. Dit kos R705 per nag (vir twee mense), en die uitsig is fantasties. Die rondawels het twee enkel-beddens, ’n badkamer met ’n toi-let, wasbak en stort, lugreëling en ’n kombuisie op die stoep.
Indien jy eerder jou spaargeld op ’n bergfietsrit of rivierstap wil uitgee, probeer ’n rondawel in Balule teen slegs R205 per nag (vir twee mense; R84 ekstra vir ’n derde persoon). Hier word badkamers en kombuise gedeel.
Kamp by kerslig
Kampeerders wat lief is vir Olifants, kan gerus hulle woonwa tot op Balule sleep. Dié klein kampie is stil en het ’n heerlike Bosveld-atmosfeer.
Wees egter versigtig in die somer, want die kamp kan binne minute in ’n modderbad verander. En onthou, hier’s geen krag nie; bring dus ’n pakkie kerse saam.
Staanplekke: Balule se staanplekke het min skaduwee en dit word modderig in die winter.
Bly veral weg van die opvallende rooiessenhout links onder in die kamp wanneer die wolke saampak, want wanneer dit reën, vloei ’n rivier reg onder dié boom deur! Naby die ingangshek, aan die linkerkant, is nog ’n skaduryke staanplek.
Badkamers: Balule se badkamers is klein maar skoon. Die storte is egter groot.
Ander geriewe: Daar is ’n gemeenskaplike kombuis met opwasbakke, kaste en twee gasvrieskaste. Hier is selfs ’n klein piekniektafeltjie en ’n wildkykbord waar jy kan aandui waar jy die leeus vanoggend gesien het.
Besoekers: Die makste Natalse fisant wat ek nóg teëgekom het, bly hier in Balule. Hier is ook geelbekneushoringvoëls, en in die somer broei windswaels buite onder die badkamers se grasdak.
(Nota: alle pryse akkuraat in Februarie 2010)
Watter paaie moet ek ry?
Op die H14, by die brug oor die Olifants, mag jy uitklim. As jy gelukkig is, sien jy olifante wat deur die rivier swem
Soggens
Koedoes, leeus en jagluiperds (50 km; 3 uur)
Staan vroeg op en ry met die S92 tot by Balule, en van daar af reguit na die Bangu-watergat op die S90-grondpad (20 km, sowat 45 min.).
Jy behoort sebras, kameelperde en koedoes op pad te sien én jy het ’n goeie kans om die gebied se leeutrop raak te loop.
Ry gerus ’n entjie verby Bangu en hou jou oë oop vir jagluiperds, sekretarisvoëls en volstruise, want die veld is lekker oop hier. Ry dieselfde pad terug kamp toe.
Heeldag uit
Vir olifante (71 km; 3½ uur)
Ry noord tot by Letaba op die H8- en H1-5 teerpad (31 km, 90 min.) en dan terug Olifants toe langs die Letabarivier (met die S46-, S93- en S44-grondpad – 40 km, 2 uur). Jy ry deur mopanieveld en die kans is goed dat jy olifante gaan sien. Moenie vergeet om by die olifantmuseum te gaan inloer wanneer jy op Letaba stop nie. Vir buffels, blouwildebeeste en jag-luiperds (104 km, ongeveer 4 uur)
Ry suid tot by Satara op die H8- en H1-4 teerpad (51 km, 2 uur) en dan terug Olifants toe op die S90-grondpad (53 km, 2 uur).
Dit neem jou deur van die oopste veld in die wildtuin en dis buffel-, sebra-, blouwildebees- en selfs jagluiperdwêreld.
Jy kan op die brug oor die Olifantsrivier stop en uitklim. As jy gelukkig is, sien jy hoe olifante deur die rivier swem!
Laatmiddag
Die mooiste uitsig (50 km, sowat 3 uur)
Ry wes van Olifants af tot waar die H8 by die H1-5 aansluit (8 km, 15 min.). Draai regs en volg die teerpad vir 11 km (20 min.). Draai regs op die S46-grondpad.
Hou regs tot jy by die Olifantsrivier kom en ry dan teen die rivier af (suidoos) tot by die Olifantsuitkykpunt wat op ’n krans hoog bo die rivier lê (31 km grondpad, 2 uur). Ry van die uitkykpunt af terug Olifants toe.
Maak toe
Wat kan ons nog gaan doen?
Die bergfietse wat die wildtuin vir die roete verskaf, is treurig, maar jy is welkom om jou eie te bring.
'n Koedoebul kan deur die spiraal van sy horing sien.
Ry fiets
Die Olifantskamp is een van net twee plekke ter wêreld waar jy tussen die Groot Vyf kan bergfietsry! Die roete vir trappers is ’n tweespoorpaadjie wat al langs die Olifantsrivier loop.
Moenie die Cape Epic verwag nie – dis maklik om te ry, al moet jy soms ’n stroompie oorsteek. Twee gidse laai jou met hekoopmaaktyd by Olifants of Balule op, van waar jy in ’n wildkykvoertuig tot by die vertrekpunt ry.
Net soos op ’n dagstap stop ’n mens gereeld om voëls, spore en mis te bekyk, maar grootwild is sku vir die fietse. Op ’n punt word die fietse neergesit en stap ’n mens af rivier toe om seekoeie van nader te bekyk – die hoogtepunt van die dag.
Die fietse is ongelukkig in ’n baie swak toestand, maar dis steeds ’n heerlike ondervinding! Koste: R375 Hoe lank? Ongeveer 4 uur. Wat is die beste seisoen? Droë seisoen. In die somer raak dit nogal modderig. Wat moet ek bring? Genoeg water, ’n hoed en sonbrandroom.
Soek ’n visuil
Die Olifantskamp bied die gewone oggend- en middagstaptogte aan, maar jy kan ook later in die oggend vir twee uur op die oewer van die Olifantsrivier gaan stap. Dan kan jy seekoeie en krokodille soek, en, as jy die gids mooi vra, die skaars visuil!
Ons groepie is na ’n gebied naby Balule waar John gereeld die visuile sien. Ons stop vir ’n nuuskierige kameelperd, ’n trop bobbejane, vars luiperdspore en ’n stel koedoehorings. John verduidelik hoe die koedoebul reg deur die spiraaldraaie tot by die horing se punt kan sien.
En toe, skielik, gebeur dit – my eerste visuil!
Blykbaar kom voëlkykers van oor die wêreld – so ver as Argentinië – om dié “lifer” te sien! Koste: R150 Hoe lank? Ongeveer 2 uur. Wat moet ek saambring? ’n Hoed en sonbrandmiddel.
Maak toe
Lees die res van die storie
In Balule ontmoet jy dalk hierdie voor op die wa Natalse fisant.
John Adamson sê: "As jy hou van uiteenlopende soorte veld, is hierdie die kamp vir jou. Jy kry oop dele, mopanie-veld en 'n paar bergagtige dele. En dan is daar natuurlik die Olifantsrivier."
Die kronkelende Olifantsrivier verdeel die Krugerwildtuin min of meer in twee, en op sy oewer kry jy twee van die wildtuin se mooiste kampies. Hoog bo die rivier, teen ’n kop, sit die Olifantskamp. Die rondawels wat op die terrasse rondom die koppie gerangskik is, is nog daai donkergroen van die ou wildtuin. Die voorste ry rondawels sit op die rand van ’n krans, en van jou stoep af het jy ’n uitsig wat jou elders in Afrika ’n hele paar honderd dollar per dag uit die sak sal jaag. As jy nie so gelukkig is om een van die voorste rondawels te kry nie, gaan sit by die uitkykpunt net voor die kafeteria.
Dis ongelooflik mooi Dis egter die enigste groot kamp in die wildtuin wat nie ’n kampeerplek het nie. Jy sal jou Jurgens so 10 km suidwaarts moet sleep na Balule, ’n klein kamp langs die rivier.
Balule het 6 klein wit rondawels en 15 kampeerplekke, en dis een van die laaste plekke in die wildtuin wat nie elektrisiteit het nie. Die staanplekke en rondawels is in twee kampe wat reg langs mekaar lê. Al twee kampies het ’n gemeenskaplike badkamer en kombuis. As jy ’n vulstasie, winkel, kafeteria of wassery nodig het, moet jy die 10 km Olifants toe aanpak. Balule se mense kan
ook aan enige van Olifants se begeleide stap- of fietsry-aktiwiteite deelneem. Dis gids sal jou by Balule kom oplaai.
Kommentaar