Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Knysna-huisboot


Met een van die Lightleys-huisbote kan jy die Knysna-strandmeer na hartelus verken. Saans kan jy op sekere plekke anker gooi en op die boot "n vuurtjie maak.
zoommore

Met een van die Lightleys-huisbote kan jy die Knysna-strandmeer na hartelus verken. Saans kan jy op sekere plekke anker gooi en op die boot 'n vuurtjie maak.

“Captain of your own holiday,” lui die slagspreuk van Lightleys Holiday Houseboats.
Jy het absoluut geen ervaring of ’n lisensie nodig om een van die huisbote (vir 4 of 6 mense)
te bestuur nie. 


Elke huisboot is ’n volledig toegeruste selfsorgeenheid met ’n CD-speler, gasstoof, braaigeriewe en beddegoed. 

Een van die helpers op die kaai maak my blitsvinnig touwys voordat ek die sleutel draai en begin vaar. 
’n Gedetailleerde kaart wys waarlangs jy moet vaar. Dis baie eenvoudig: Moenie jaag nie, vaar regs verby die boeie en moenie met hoogwater anderkant die treinbrug – na die Knysnakoppe se kant toe – gaan nie. 
Dis amper hoogwater; dus kan ek helaas nie vanmiddag tot naby die Knysnakoppe vaar nie. Maar op die uitgestrekte strandmeer is oorgenoeg speelplek.
Doer anderkant sien ek die Knysnakoppe. Op die N2 sukkel die verkeer voort. 

Teen sononder gooi ek anker in ’n baaitjie. Ek klim op die boothuis se dak en bespied die wêreld. Hemels. 
Tyd vir vuurmaak. Ek braai sommer aan boord. Volgende keer bring ek vriende saam. En visstokke. Dan begin ek my Tuinroete-vakansie net hier...

Blitsfeite


Waar? Phantom Pass-weg buite Knysna (Sedgefield-kant van die N2-brug).

Wanneer? Elke dag.

Koste: R985-R1 895 p.n. vir 2, afhangende van die seisoen. Die webwerf het alle tariewe.

Kontak: 044 86 0007; www.houseboats.co.za


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 11 Desember 2011 | 18:21:58

Ek probeer om hulle webblad oop te maak maar dit bly my vra vir 'n "username en password. Wat 'n dom webblad is dit. Hoe sal ek nou weet wat is the "usrname en Password" Ek will graag hulle webblad kyk en hulle pryse. Help asseblief.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek