Kalender - Gebeure dié maand

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Tuinroete: Tandemvalskermsprong


Plettenbergbaai uit die Cessna 182. Jy gaan staan op die dun lysie onder...
zoommore

Plettenbergbaai uit die Cessna 182. Jy gaan staan op die dun lysie onder...

Dis Maandagoggend, net ná negeuur. Pragtige sonskynweer. Ek klim in die harnas, so effentjies bewerig.

Jeff Bergh, my tandemmeester, is ’n ou hand. Hy laat my dink aan die Jethro Tull-album in my versameling: Too Old to Rock &  Roll: Too Young to Die!

Die Cessna 182 wag op die aanloopbaan. Een van Jeff se kollegas, Reinier, kom saam. Hy gaan ’n solosprong doen. 
Jeff, wat alles op DVD opneem, is vol grappies. “If all else fails, walk towards the bright light,” skerts hy. “Don’t follow us.”
   Ons styg op. Jeff wys op sy hoogtemeter hoe ons klim.
    1 000 voet...
    2000 voet...
    3 000 voet... 

Onder my raak Plettenbergbaai ál kleiner
Die ganse baai lê uitgestrek in ’n U-vorm – van Robberg tot doer anderkant Stormsriviermond. Ek kan sien waarom dié een van die mooiste valskermplekke op aarde is.
Op 7 000 voet kniel ek voor Jeff. Hy gespe my aan hom vas.
Die aanloopbaan is nou net ’n dun potloodstrepie. “Now you’re going to find out why the birds sing!” 

Op 10 000 voet (ongeveer 3 km) maak hy die deur oop
Die wind is oorverdowend. Ek skuifel tot reg langs hom en haal diep asem. “Smile for the camera!” beveel Jeff. Ek glimlag en... ons tol deur die lug... ek vlieg! 
Ondanks die adrenalien in my are kry ek nie ’n geluid uit nie. Jeff tik teen my regterskouer. “Blow kisses!” 

Skielik hang Reinier langs ons. Ons maak laggend ’n high-five voordat hy verkas en ons valskerm oomblikke later oopgaan – dis net ’n “sjoeffff”-geluid en ’n opwaartse ruk. 
Nou sweef ons in stilte en ek kry kans om die valskerm te stuur. (Eers later sou ek hoor die vryval het 36 sekondes geduur en ek het teen 220 km/h afgekom.)

Ná vyf minute land ons veilig langs die aanloopbaan. Ek is in trane: Dit was loshande een van my lekkerste ervarings nóg.  

Blitsfeite


Waar? By Plettenbergbaai se vliegveld, 5 km buite die dorp in Knysna se rigting.

Wanneer? Elke dag. In ’n goeie maand spring meer as 200 mense hier.

Wie kan spring? ’n Seun van 8 en sy 86-jarige oupagrootjie het al hier gespring. Daar’s wel ’n gewigsbeperking van 100 kg.

Koste: R1 600 p.p. ’n DVD-opname kos R400.

Kontak: 082 905 7440; www.skydiveplett.co.za

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek