Tsitsikamma-boomtoptoer


Die adrenalien-belaaide Tsitsikamma-boomtoptoer bied jou die kans om die woud uit ’n unieke hoek te verken. Jy gly met 10 afsonderlike foefieslaaids van boom tot boom (en as jy gelukkig is, sien jy die skugter bosloerie). Die toer duur ongeveer twee uur.
zoommore

Die adrenalien-belaaide Tsitsikamma-boomtoptoer bied jou die kans om die woud uit ’n unieke hoek te verken. Jy gly met 10 afsonderlike foefieslaaids van boom tot boom (en as jy gelukkig is, sien jy die skugter bosloerie). Die toer duur ongeveer twee uur.

Boomtoptoere het in 1992 in Costa Rica se tropiese reënwoude ontstaan. Ashley Wentworth het die Tsitsikamma Canopy Tours in 2001 hier begin – die eerste boomtoptoer in Afrika en ’n  “groen” projek wat vir sowat 50 plaaslike inwoners permanent werk gee. Die toere is gewild: 28 000 mense tree jaarliks aan. 

Dis ’n veilige eko-avontuur vir die hele gesin:
Enigeen van 7 tot 70 kan deelneem. (Die gewigsbeperking is 120 kg; Kobus Wiese sal dus die karre moet oppas.) Die tien glydraadbane loop een-een van boom tot boom. Jy swaai darem nie soos Tarzan van ouds nie: Jy dra ’n harnas en valhelm en kan self die spoed beheer deur jou dik handskoen liggies teen die kabel te tik. By die volgende platform wag ’n gids, gereed om jou te vang as jy te stadig briek.
 
Gaaf, ons is gereed.
Die eerste paar ritte is kort. Shauna, 'n Amerikaanse toeris, gly met ’n gil tussen die bome in. “Sy skreeu nooit nie!” giggel die ander toeris Rachel.
By elke platform wys Emo, ons gids, die woud se plant- en dierspesies uit terwyl ons – veilig vasgehaak langs die boom – die uitsig bewonder. “Wow. This is fabulous,” roep Shauna. Twee Knysna-loeries vlieg verby, maar die ontwykende bosloerie bly soek. 

“Hoe-hoe-hoe-hoe!” jil ek met die agste foefieslaaid, 90 m lank. Die adrenalien vloei. Oomblikke later antwoord ’n Knysna-loerie met ’n hees “kau-kau-kau-kau”. Dís mos nou pret! 

Die uitstappie duur sowat twee uur. Ná die tyd geniet ek ’n komplimentêre burger, met die hele middag wat voorlê vir doendinge langs die Tuinroete.

Blitsfeite


Waar? Stormsrivier Village is langs die N2, 65 km van Plet af.

Wanneer? Daagliks, elke halfuur.

Koste: R450 p.p. (ligte ete ingesluit). ’n DVD-opname kos R145.

Nog doendinge: Die Woodcutters Journey is ’n geskiedkundige toer na die ou Stormsrivierpas. Of wandel deur die woud op die 2 km-Goesa-staproete.

Kontak: 042 281 1836; www.treetoptour.com


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek