Kyk na die "randlords" se uithangplekke
Johannesburg se vroeë goudbaronne, die sogenaamde randlords, kon argitekte soos sir Herbert Baker aanstel om die paleise te bou wat vandag nog in Parktown, Westcliff en Houghton staan.
Maak so: Bekyk die “kleuterskool”. ’n Lekker stappie is om by die dieretuin in Bo-Parkweg te parkeer, op met die bult teen Jan Smutsweg uit te stap en dan links in The Valley Road te draai. Dis ’n lieflike straat met ’n breë sypaadjie waar jy die huise kan bewonder waar lord Kitchener se sogenaamde “kindergarden” bymekaar gekom het. Hulle was jong Oxford-graduandi wat ná die Anglo-Boereoorlog in die Transvaalse administrasie kom dien het. Hou reguit aan na Rannochstraat terug kar toe.
Die binnekring. Lus om die huise ook van binne te bekyk? Die Parktown & Westcliff-erfenistrust reël Saterdae toere wat so min as R30 kos.
Kontak: 011 4822 3349; www.parktownheritage.co.za
Weg sê: In Durban kan jy deur die stadskern stap en tel hoeveel Art Dec-geboue jy kan sien. Begin by Victoriakaai en Wesstraat.
Terug na bestemmings | Terug na bo





















Kommentaar