Dié plekke wil ek nog sien


1. Mosambiek
Die ongereptheid van dié land is ’n besliste aantrekking. So ook die prawns. En die see. Altyd die see.

2. Krugerwildtuin
Ek was wragtag nog nie hier nie. Skandalig, ek weet. Dit sal egter so spoedig moontlik gekorrigeer word.

3. Italië
Daar is hierdie indringende behoefte in my om met ’n kar (verkieslik ’n Fiat) van die suide tot die noorde van die land te ry. Ek wil die lekker kos proe en met my hande eet. En met geen spesifieke plan deur die land toer. Uiteindelik wil ek by die Giuseppe Meazza-stadion in Milan gaan draai, die tuiste van my gunsteling-sokkerspan, AC Milan.

4. Teahupo’o
Dis ’n wêreldberoemde surfspot in Tahiti naby die dorpie met dieselfde naam en is ook bekend as Chopes. Dit beteken glo “gebreekte skedels” in Tahitiaans. Ek weet nie of ek sou kans sien om die branders te ry nie, maar hel, dit moet iets ongelooflik wees om dit net te sién.

5. ’n Tom Waits-konsert
Ek weet dis streng gesproke nie ’n plek nie, maar Tom Waits is moontlik een van die mees begaafde liedjieskrywers van ons tyd. En sy musiek vat jou na ’n plek anderkant jouself. Dit klink ongelooflik oor oorfone. Dink net hoe dit moet klink as hy self agter die klavier sit met daai rasperstem wat sing: “Anywhere I lay my head/Well I gonna call my home”.

Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek