Die Kruger se beste uitkykpunte


Dié uitkykpunt het ’n pragtige uitsig oor die gemengde rooibos-bosveld van die suidelike Krugerwildtuin.
zoommore

Dié uitkykpunt het ’n pragtige uitsig oor die gemengde rooibos-bosveld van die suidelike Krugerwildtuin.

Ná goeie somerreëns is daar dikwels waterpanne en die kans is goed dat jy een van die Groot Vyf gaan sien.
zoommore

Ná goeie somerreëns is daar dikwels waterpanne en die kans is goed dat jy een van die Groot Vyf gaan sien.

Die Krugerwildtuin het vele uitkykpunte, en Jan Momberg van Westdene hou van almal – hy besoek immers die wildtuin drie keer per jaar.

Kontak: 
Sanparke 012 428 9111; www.sanparks.org
 

Stevenson-Hamilton-uitkykpunt


’n Mens word weer nederig by die Stevenson-Hamilton-uitkykpunt. Hierdie reuse-klippe is genoem na James Stevenson-Hamilton, die eerste parkhoof. Die Skukuza-kampplek was ook eers na hom genoem voordat dit in die taal van die Tsonga hernoem is.
Dié uitkykpunt het ’n pragtige uitsig oor die gemengde rooibos-bosveld van die suidelike Krugerwildtuin.
 


Nkumbe-uitkykpunt


Dié uitkykpunt is op die Nkumbeheuwel geleë en word as een van die bestes in die Krugerwildtuin beskou. Sorg dat jou verkyker byderhand is, want dié uitkykpunt – met ’n grasafdak – bied ’n onvergeetlike uitsig oor die gras-vlaktes. Ná goeie somerreëns is daar dikwels waterpanne en die kans is goed dat jy een van die Groot Vyf gaan sien.


Mopani-uitkykpunt


Hierdie is eintlik ’n restaurant en dameskroeg op ’n hoë houtdek binne-in die moderne Mopani-ruskamp. Dis op die oewer van die Pioniersdam en het ’n uitsig oor die dam en omringende boomryke koppies. Daar is byna elke dag buffels, waterbokke en olifante by die dam.
Watervoëls is ook volop. Eet ietsie by die restaurant en drink sommer ’n skemerkelkie terwyl jy op die uitkyk is vir wild.


Olifantskamp-uitkykpunt


Dit staan ook bekend as “Die venster van Afrika” en bied ’n goddelike uitsig.
Dis bo-op ’n heuwel wat ’n paar honderd meter bo die Olifantsrivier uittroon. Jy sal olifante, seekoeie en krokodille in die klipperige rivierbedding sien.  Die water en die diversiteit van die omliggende hardeveld lok verskeie voëlspesies. Die uitkykpunt is hoog genoeg dat jy selfs ’n  roofvoël in aksie kan sien.


Tshanga-uitkykpunt


Dié uitkykpunt is naby die Tshangarivier op ’n steil heuweltjie, ver van die besige pad af. Dis privaat en bied ’n ongelooflike uitsig oor die mopanieveld waarvoor die noorde van die Krugerwildtuin bekend is. Hier is slegs twee sitbankies, ’n kliptafeltjie en twee outydse toilette.
Dis olifant- en buffel-wêreld en jou kans om een van dié grotes te sien is byna gewaarborg.

 


Terug na bestemmings | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante stories

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Locationsarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek